Suid-Afrika het meer as 60 inheemse visspesies. Verskeie van hierdie spesies word deur uitheemse visse, besoedeling en mense se onkunde bedreig. Elke inheemse vis speel ʼn belangrike rol in ʼn gesonde en gebalanseerde ekostelsel.
Geelvis is een van die visse waarvan die getalle beduidend gekrimp het weens die impak van uitheemse visse. Hoewel vis van tyd tot tyd uitgedun moet word, is dit belangrik om ons inheemse visse te beskerm.