[Video] Jong vrou vra ‘grootword-pa’ om haar aan te neem

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Jong vrou van Illinois in die VSA se video waarin sy die man wat haar grootgemaak het, vra om haar amptelik aan te neem, is reeds meer as 37 miljoen keer op sosiale media gekyk.

In die video oorhandig Misty Nicole Knight (20) ʼn geskenk aan Ryan Farrell met ʼn brief wat sy vra hy hardop moet lees. In die brief skryf Misty aan Ryan hy is die wonderlikste man wat sy nog ooit ontmoet het. “Jy het my my hele lewe lank grootgemaak, van my hare in Prinses Leia-bollas vasmaak, tot ons eerste rock-konsert saam. Ek weet ons is weird saam, maar dit is wat jou maak wie jy is en ek kan my nie my lewe sonder jou indink nie.”

Ryan word dan aangesê om die geskenk oop te maak, waarin ‘n klomp verrassings is, asook die amptelike dokumente om Misty aan te neem. Teen die einde van die video kan nie Misty of Ryan die trane keer nie.

Misty het onderaan die video geskryf: “Ek is lief vir jou met my hele hart en ek kan nie wag om ʼn Farrell te wees nie.” Die video is sedert Sondag meer as 23 000 keer gedeel.

So everyone has been waiting for this but I finally asked the man that raised me to adopt me ❤️ love you with all my heart and can't wait to be a FARRELL ???? Ryan Farrell

Posted by Misty Nicole on Saturday, March 5, 2016

https://youtu.be/VSIjvF7-UIE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elaine ·

En daar huil ek snot en trane! Maroela Media julle bly maar die beste!

Delia ·

Swak! “Video” speel nie….man sit stokstil…
Plaas liewers net die berig en vergeet van die video

Sune van Heerden ·

Dagsê Delia

Ons verneem sommige lesers ervaar soms ‘n tegniese probleem wanneer video’s se kodes direk op ‘n webwerf ingetrek word. Ons het nou ‘n YouTube-weergawe van die video onderaan gelaai, dalk speel dit by jou.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

François ·

Klink eerder vir my of dié girl, ene Misty, skimp dat daardie Mnr Farrell haar as eggenote moet ‘aanneem’……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.