[Video] Jongmense sokkie deur verkeersknoop

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn groep jongmense, wat by ʼn afgesperde pad besluit het om net daar in die reën te dans, word wyd op sosiale media versprei.

Sean Badenhorst het die video Woensdag op Facebook gedeel en is sedertdien al meer as 102 000 keer gekyk en meer as 1100 keer gedeel.

Badenhorst skryf by die video hulle moes noodgedwonge op die R74, by Oliviershoekpas in KwaZulu-Natal, stilstaan nadat twee vragmotors om ʼn onbekende rede die pad versper het. “Die jongmense voor ons het nie ontstoke geraak nie, hulle het net gesokkie in die reën… So Suid-Afrikaans. So cool!” het hy geskryf.

Dit is nie bekend wie die jongmense in die video is nie, maar duidelik kan nie eers ʼn verkeersknoop hul danspassies demp nie!

Sokkie in die pad! At the bottom of Oliviershoek Pass, we came across two truck drivers on their way up that had somehow blocked the road completely. The youngsters ahead of us didn't get irate, they just sokkied (danced) in the rain… So South African. So cool!Disclaimer: This video is exclusively managed by Caters News. To license or use in a commercial player please contact info@catersnews.com or call +44 121 616 1100 / +1 646 380 1615

Posted by Sean Badenhorst on Wednesday, January 4, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Super cool!?? ·

Dis nou n super cool en posetiewe berig! Dankie vd mense wat die “kaalvoet in die reen” jongmense opgeneem het. Voel nou sommer self lus om te gaan dans id reen!
Ons land het nog baie sulke mooi stories!
Vind uit wie die jongmense was hulle vetdien n klop op die skouer!

Johann ·

laat mens verlang na die jongdae, sorgvry, het baie groot verlangdinge aangevang.

Alta ·

As ons almal sois hulle net vrolik kan weesen dat ‘n verkeersopeenhoping ons nie ongeduldig maak nie. Want ongeduld is nege en ‘n half uit tien keer die teken by soiets. Hul het seker klomp mense laat “smile”

Alta ·

As ons almal soos hulle net vrolik kan wees en dat ‘n verkeersopeenhoping ons nie ongeduldig maak nie. Want ongeduld is nege en ‘n half uit tien keer die teken by soiets. Hul het seker klomp mense laat “smile”

hanno ·

Waar kom die woord “sokkie’ vir dans vandaan? Potch? In my 64 jaar het ek nog nooit iemand in sokkies sonder skoene sien dans nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.