Video: Kaapse gesin gee hul kar vir koerantverkoper

Nicole omhels vir Bongani (Foto: Skermgreep uit die video)

Jeremy Olivier, wat bekendheid verwerf het toe hy in 2016 in die topvier van The Voice South Africa geëindig het, het die afgelope naweek weer aandag getrek.

Olivier en sy vrou, Nicole, het besluit om hul motor as ʼn geskenk aan hul plaaslike koerantverkoper te gee.

Olivier het aan Maroela Media gesê hulle ken die koerantverkoper, Bongani Pholo, al vyf jaar en dat hulle altyd geselsies met mekaar aanknoop by die verkeerslig waar hy die koerante verkoop.

“Hy is altyd baie vriendelik en het altyd ʼn glimlag op sy gesig; hy laat ons lekker lag. Hy is al lank in ons omgewing, en ons het hom vyf jaar gelede belowe dat hy ons motor kan kry as ons eendag ʼn nuwe een kan koop.

Bongani Pholo in sy nuwe kar (Foto: Verskaf)

“Van daar af spot ons eintlik meestal met mekaar. Bongani sal by die venster kom staan en spottend sê: ‘Ai, hoekom ry jy so gemorsmotor? Kom, gee dit vir my, ek sal dit van jou hande af neem!’ of hy sal sê: ‘Ai, jy breek my hart, hoekom ry jy so met my motor rond?’ Maar alles word met humor gesê, en nie ernstig nie,” het Olivier gesê.

Olivier en sy vrou wou graag iets vir Pholo gee, juis omdat hulle weet hoe dit voel om aan die ontvangkant van geskenke te wees.

“Ons het al baie geskenke ontvang wanneer ons dit nie kon bekostig nie. Ons weet hoe dit voel om iets nodig te hê, maar net nie daarby kan uitkom nie. Ons weet ook dat Bongani in Khayelitsha woon en in Noordhoek werk, wat dit vir hom moeilik maak om die koerante te gaan haal en dit hier te kom verkoop.”

Olivier het gesê Pholo was sélf besig om vir ʼn motor te spaar voor hulle vir hom hul motor gegee het, en hy het ook reeds sy lisensie gekry.

Olivier het onlangs ʼn nuwe motorborg gekry, en tóé breek die tyd uiteindelik aan dat hulle vir Pholo hul ou motor kan gee.

“Ons was baie meer opgewonde om vir Bongani die motor te gee as om ons nuwe motor te kry!” het Olivier gesê.

Jeremy en Nicole Olivier by hul nuwe kar (Foto: Verskaf)

Olivier het by Pholo se verkeerslig verbygery en hom gevra om in die motor te klim omdat hulle sy hulp nodig het. Sonder aarseling het hy ingeklim om te help, maar toe word die nuus geleidelik aan hom oorgedra.

“Jy weet ons het gesê eendag gaan dit gebeur … Vandag is die dag!” het Olivier aan ʼn deurmekaar Pholo gesê. “Weet jy wat ek gaan doen?” het hy gevra.

Hulle het toe afgetrek by ʼn nabye parkeerterrein waar Olivier se gesin hulle by ʼn motor wat met klomp rooi ballonne opgemaak is, ingewag het.

“Hy was geheel en al geskok en sprakeloos. Hy was verskriklik gelukkig en het in die motor geklim en net seëninge oor ons gebid. Dit was ʼn baie roerende en mooi oomblik,” het Olivier gesê.

“Ek hoop God sal hierdie familie met liefde, vrede, geluk en eenheid seën. Sodat hulle baie kan ontvang in die toekoms, net soos hulle baie vir my gegee het met hierdie motor. Ek hoop God doen selfs méér as dit vir julle,” het Pholo gesê.

Olivier het ʼn video geneem van wat gebeur het en dié video is al meer as 30 000 keer op Facebook gekyk.

Hy het gesê dit voel nie regtig vir hom of hulle iets spesiaals gedoen het nie, maar dat hy ʼn video wou maak bloot om ander mense aan te moedig om dieselfde te doen.

“Dit is eintlik nie ʼn groot ding wat ons gedoen het nie. Die motor was afbetaal, en ons het nie twee sulke motors nodig nie, so daar sou geen rede wees om dit nie weg te gee nie.

“Mense is deesdae so bekommerd oor hulself en om hulself te beskerm dat ons vergeet ons moet almal eintlik na mekaar omsien. Ons moet minder na onsself kyk en meer na ander, dit kom in elk geval altyd terug na jou toe. Ons hoop dat die video mense sal inspireer om ook meer te gee aan ander,” het hy gesê.

Bongani's Surprise!

And so, thanks to the generosity of our sponsors, we were able to do what we have dreamed of doing for 5 years. A very special moment. Bongani was speechless for once! ????????????❤️ #cowhillsretail #sponsors #payitforward #flyeaglefly

Posted by Jeremy Olivier on Friday, January 25, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

DeVill ·

Kry dadelik versekering Bongani en oja…baie geluk met jou nuwe motor!!

tollies ·

Well done julle sal ook geseen word Baie geluk aan die ontvanger

juliana ·

Wat n mooi gebaar.As die Heilige gees jou lei dan moet jy gehoorsaam wees.Mag julle geseend wees.Ubuntu

Ous ·

Dit is lekker om sulke videos te sien…baie geluk aan die ontvanger van die kar!

Johan ·

Die video gee dalk hoop aan ander, moedig ander mense dalk aan om dieselfde tedoen. As dit vir die verkeerde rede gedoen was sal God rekenskap gee. Die land is vrot va negatief wees. Die video dien dalk juis om die mooi in die storie raak te sien en mens meer positief te laat voel. Die video is onder maroela media se “Goeie goed” so kom ons hou die kommentaar positief

Wie weet ·

Hoe se ek altyd gee met n oop hand well done julle well done

Anoniem ·

Die mense het goed bedoel. Hulle gebruik hierdie video om te PROBEER ander/ons wys hoe mens moet goed doen soos die Here op jou hart lê. JAAA daar is derduisende arm blankes en net so is daar miljoene swart armes wat die kar vreeslik sou waardeer… maar Bongani is HULLE sending veld.

Vir hulle gaan dit nie om die wêreld te wys “kyk wat doen ons nie”. Dit was geensins hul bedoeling nie. Maar kleinlikheid kry mens maar oral.

bollie ·

Niks laat jou so goed voel as om vir iemand anders iets te doen sonder om iets terug te verwag nie.

Krapperig ·

Hier die video my in trane… Dan lees mens sulke negatiewe goed… Rerig mense, dis hoekom dit in die land gaan soos dit gaan, want niemand sien die son oor ander skyn nie. Nicole en Jeremy, wat ‘n goeie gebaar. Bongani, may u have lots a safe kilometers…

bollie ·

Ek het al hoeveel keer met my skedonk gaan staan en elke liewe keer was dit swart mense wat my gehelp het. Sê maar net.

Luister ·

Baie mooi gebaar! Dit is baie lekkerder om te gee as om te ontvang. Om die nuus met baie ander te deel is goed en ‘n aanmoediging. Ek bedoel beslis nie om te spog nie, maar ek het vir ons tuinwerker ‘n huis gekoop. Weliswaar ‘n plakkershuisie, maar dit is die eerste dak oor sy kop wat syne is. Vir hom is dit soos ‘n paleis. As elkeen wat kan, net een mens help, word die wêreld ‘n beter plek!

Rina ·

Wat n wonderlike goedvoel storie. Aan al die negatiewe en nare kommentaar lewers en die wat dit alweer in n rassistiese episode wil verander. Jesus sien nie kleur nie. Die woord së wat jy ookal aan die geringste doen, doen jy aan My
Langenhoven Aanhaling: Eenmaal in die hemelpoort sal God nie vra na kleur of soort. Hy. Sal net vra: wat het jy gedoen op aarde

Lidia ·

As dit God se wil was dat iemand anders dai motor moes kry,sou Hy hom/haar of hulle op dai 2 mense se pad gesit het,Mag God hulle seën en Mag dai video n inspirasie wees vir menige om die selfde te doen as hul in so n posisie is.?

Bamsie ·

Dit het my hart goed gedoen om so storie te lees van n belofte wat nagekom is. Ek wens meer mense wil hul brood op die water werp, volgens hulle oortuiging. Ek dink nie die mense spog nie, dit is inspiderend en dra n slag n goeie beeld van ons Boere uit. Ek voel ook as meer mekaar help oor grense heen gaan dit op die lang duur ons land opbou.

Alida Engelbrecht ·

Wow !!! Pragtige gebaar. Mag daar nog mense geinspereer word om iemand se hart so bly te maak. Ek hoop Bongani sal veilig ry. Hy moet dadelik die motor laat verassureer . Dalk kan ander goedhartige mense hom daarmee help.

Alida Engelbrecht ·

Max, ek is bly hulle deel hul storie, dit moedig nog mense aan om iemand se hart bly te maak.

Roos ·

Bongani is baie gelukkig! Ek hoop sy inkomste is genoeg om die motor te onderhou.
Wanneer gaan ons op ‘n punt kom, om nie na “ons” en “hulle” te verwys nie? Ons is tog almal mense van een land.

Virgil ·

Ek wil so graag vir my 21-jarige seun ‘n motor koop, maar kan dit nie bekostig nie.
Sal glad nie omgee vir so ‘n wonderlike gebaar van ‘n weldoener nie.
Dankie tog vir sulke mense wat ander mense weer bietjie hoop gee.

Mollie ·

Ek kon deur Genade al baie gee en het ook, ongeag die kleur. Swaarkry maak nie onderskeid nie. Wie het my, n wit Afrikaner vrou, nog die meeste ingedoen finansieel en emosioneel?
My mede wit Afrikaners. Genadiglik het ek ook net so baie liefde en genade ontvang van mede wit Affkaners. So klim asb van julle troontjie af en leer iets hier uit.

Rieks ·

Die wat negatiewe kommentaar lewer mense gee nie meer nie. Hierdie gesin wil mense inspireer om betrokke te raak. Hoeveel van die negatiewe mense hier gee wel iets vir ander of organisasies, dit hoef nie ‘n kar te wees of geld nie. Weet julle hoe goed dit ‘n mense laat voel om iemand te help. Probeer dit! Ek is seker julle sit almal Sondag met julle vroom gesigte in die kerk en dink hoe goed julle is. Raak betrokke gee jou tyd as jy nie geld kan gee nie, volunteer -julle sal verbaas wees hoe goed dit jou sal laat voel om ‘n verskil in ‘n mens of dier se lewe te maak.

Gaitsigubib ·

Dis jammer ek sien geen negatiewe kommentaar nie Rika- dis seker verweider. Dit staan elke persoon vry om te gee wat hy wil aan wie hy wil. Ek ken ‘n man wat ‘n plaas verniet gegee het aan n ander. Tans “huur” ‘n ander persoon ‘n plot by hom kostevry. Die ou sukkel self om te oorleef, maar sal my kwalik neem as ek sy naam noem. Hy glo die daad sal niks beteken as hy sy goedheid teen ‘n vlagpaal wil ophys sodat almal dit moet sien.

A Mac ·

Ek wil net vir Maroela Media bedank dat hulle so streng is met wie se opmerkings mag verskyn en wie sin nie. Dalk is ek net te sensitief omdat my mening die altyd geskik is vir plasing nie, sal regtig probeer om in die toekoms meer opmerkings te gee wat meer in Maroela Media se kraal pas.

CsenScor ·

Dis nie streng nie, slegs die wat positief en volgens hul storie pas word geplaas, as jou opinie bietjie verskil, word dit verwyder.

Darryl ·

WOW..OUR GOD IS GOOOOOD..Thx guys for sharing and being good stewards..we as Jesus followers can learn a lot from this video..You can never ever receive with a closed hand..and when the Holy Spirit moves you to do something like that..you do not hesitate for one second..Aaron’s Blessing on the Oliver family..Shalom

Staak saam ·

Die blankes is maar 8% van ons bevolking en die swartes in 89%.

Nou hoekom is dit altyd die blankes wat die gee werk doen en die swartes die ontvang werk, met hierdie persentasies moet die goeie gebaar eintlik omgekeer wees maar ons sien dit nie, ek wonder net hoekom.
Blankes gee huise, karre, fietse en geld, maar tog geen die swartes nie vir die arm en sukkelinde blankes nie.
Miskien is ons, ons eie ondergang en die rede hoekom almal wil he wat ons het, want ons gee altyd.

SaamStaak ·

@StaakSaam, ek stem 100% saam met jou. “gebare” soos die is blankes wat baie hard probeer om in die ander 89% se “goeie boekies” te kom. Ek tip en gee net vir 8%

Pieter ·

@Gaitsigubib – ek dink ons sien genoeg negatiewe kommentaar om dit by so iets ook te sien en dis goed dat die stories in SA uitgaan. As jou vriend dit geheim wil hou – mooi, maar dalk het die Here vir die ou gesê om dit publiek te maak sodat die vals nuus tot ‘n einde kan kom.
Vir versoening, jy weet. Wel gedaan aan die ontvanger en ou wat sy motor gegee het.

Werner ·

Sien daar was al weer 4 plaas aanvalle die gebaar het nie veel gehelp nie wittes gee positief swartes negatief

Anoniem ·

Ek is aan die stuur van ‘n groot liefdadigheidsorganisasie, ons Afrikaanse blanke mense gee en gee. Dit is opmerklik dat ons blind is vir kleur en bereid is om oor kleurgrense te gee. Net so opmerklik is dit dat ons spesifiek nie ‘n enkelinge nie-blanke skenker/donateur het nie. Blankes het geen probleem om uit te reik nie. Andersom is ongelukkig nie waar nie. Ek bly anoniem, want ek is trots om te sê dat ons gee waar ons moet en nie waar kleur voorskryf nie, wens net die ryk mense oor kleurgrense wou dieselfde doen. Maar ek weet elke kleurblinde gewer word deur God raakgesien.

Naked Truth ·

Bongani moet nou net versekering uitneem, die motor laat diens en herstel, Petrol en Olie ingooi, bande vervang en die lisensie hernu. ‘n Paar ekstra koerante elke maand verkoop behoort die ding te doen.
Bongani gaan vinnig agterkom hoe duur dit is om ‘n motor te besit. Dan gaan hy dit verkoop en die geld verkwis. Mooi gedink Oliviers.

Ben ·

Baie mooi gebaar! Dis net jammerte dat Maroela Media die feite verkeerd het – hy is nie ‘n koerantverkoper nie hy verkoop The Big Issue. Dis ‘n inisiatief wat werkskepping kweek en mense regtig oplig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.