So gelukkig soos ʼn vark in Palestina, lui die spreekwoord. Maar vir Pigcasso het wêreldroem sommer op ʼn Wes-Kaapse plaas gekom.
Pigcasso het onlangs geskiedenis gemaak deur die eerste niemenslike kunstenaar te word om ʼn internasionale Swatch-horlosie te ontwerp. En soos dit ʼn wêreldberoemde glanspersoonlikheid betaam, lewe sy soos ʼn koningin op Joanne Lefson se skuiling spesiaal vir plaasdiere, Farm Sanctuary SA.
Dié skuiling is naby Franschhoek geleë en poog om mense se opvattings van plaasdiere te verander.
Lefson sê Pigcasso is van ʼn kommersiële varkplaas gered en na Farm Sanctuary SA gebring waar daar vir haar onder meer verfkwaste en balle gegee is om mee te speel. Volgens Lefson was Pigcasso onmiddellik tot die verfkwaste aangetrek en kort voor lank het sy haar eie kunswerke begin oplewer.
Pigcasso se kunswerke het vinnig bekend geraak en haar meesterstukke is al oor die hele wêreld verkoop. IOL berig kunsliefhebbers betaal enigiets van R7 000 tot R53 000 vir ʼn oorspronklike Pigcasso-kunswerk.
Nou het Swatch, ʼn Switserse horlosiemaker, ook dié kunsvark se talent raakgesien en besluit sy is net die kunstenaar vir hulle spesiale 2019-reeks versamelstukke. Pigcasso se ontwerp is vandeesweek onthul op die eerste dag van die Chinese Nuwejaar, die jaar van die vark.
En as Pigcasso nie besig is om kuns te skep nie? Dan geniet sy graag soet druiwe as versnapering of rol dolgelukkig rond in haar modderpoel.
Die onderstaande insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Wil jy nog meer!! Daar is nog ander varke in die land maar selfs polities nie so intelligent as Pigcasso (wat ‘n pragtige naam). Wonder wat sal die ander Casso sê?
Die estetiese opvatting van die mens het in hierdie sinloos vervalle land al gelykstaande tot aan die van n vark verval.
Dit is ‘n skreiende skande dat die kinders van hierdie diere wat meer intelligent is as honde onderworpe is aan erge lyding as gevolg van hulle marteling, mishandeling en uiteindelike dood maak deur sogenaamde beskaafde mense. Dit, terwille van ‘n smakie vir ‘n vleisie. Die mens is die wreedste, mees vernietigende wese op aarde.
Oulike storie!!
My “gom” en sy is meer talentvol as haar naam genoot.
” you go girl”
Is hulle nie besig om mense te bevark met daardie pryse van die kunswerke nie.
Ja, Pieter, dit is belaglik!!
Die skilderye is uit Woolworths verwyder omdat per abuis gesê het dit is deur ‘n 100% vark geskilder
jy kan die vark nie met een slag opeet nie. eers net die boud ampiteer ens
Ai ek sien al hoe le daai pragtige boudjie in die oond met aartappels. Of n tjoppie op die rooster
Ag regtig!? Belaglik verby!
Moenie ‘n vark se intelligensie onderskat nie, op skaal intelligenter as honde, nes Rudolph sê. En ons eet nie ons honde nie
Party mense het net te veel geld om te mors …
Kla sal mense kla…dis nie JULLE geld wat “gemors” word en ek is seker daardie geld wat die werke behaal word goed gebruik by die Sanctuary. Hou op kerm en kla oor alles in die lewe. As mense baie geld wil betaal het hul dit sekerlik!
Oulike storie, maar….varke sien dan net in swart en wit? Hulle kan nie kleur regtig onderskei nie?
Of is ek nou net varksig jaloers! :D