[Video] Kind se reaksie te kostelik toe hy hoor van nuwe hart

Foto: goodnewsnetwork.org

Toe ʼn vyfjarige seuntjie van Boston in die VSA hoor hy gaan uiteindelik ʼn nuwe hart kry, was sy reaksie te kostelik.

Ari Schultz (5) is met pulmonale klepstenose gediagnoseer en moes gereeld besoek aflê in die hospitaal. Sy toestand het op vier-en-ʼn-half-jarige ouderdom verswak en hy is dadelik op die oorplantingslys geplaas.

Ari en sy ouers het vir 211 dae gewag vir ʼn nuwe hart, en toe die dokters die nuus deel dat ʼn hart gevind is, kon Ari se ouers nie wag om die goeie nuus met hom te deel nie. Hulle het besluit om ʼn video te neem om sy reaksie te verewig.

In die video word Ari sommer tranerig en kan amper nie sy geluk glo nie.

“Gaan hulle (die dokters) ʼn goeie plekkie vir my hart kry”, vra Ari terwyl sy ma hom vashou.

Ari se operasie het goed afgeloop, maar hy het vele terugslae beleef en hy is selfs aan lewensondersteuningsapparaat gekoppel.

Volgens sy Facebook-blad het hy só herstel dat hy nou self kan asemhaal.

Ari het geskiedenis gemaak deur die eerste persoon ter wêreld te word om vóór geboorte twee suksesvolle hartoperasies te ondergaan.

Kyk na die video om te sien watter vrae Ari nóg vir sy ouers vra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Oulike seuntjie! So bly hy het nuwe hart gekry… en so goed om te sien sy ouers werk so mooi met hom.

Suzette ·

Sjoe! Hoe loop my trane nou! Dit is so kosbaar. En ons glo hy gaan ‘n gelukkige en gesonde seuntjie wees met sy “nuwe” hart.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.