Video: Kleuterseuntjies steel wêreldwyd harte

‘n Skermgreep uit die video.

ʼn Video van twee kleuterseuntjies wat so verheug is om mekaar te sien dat hulle op ʼn sypaadjie na mekaar toe hardloop en mekaar omhels, het die internet gaande.

Die video van klein Maxwell en Finnegan, albei twee jaar oud, is Sondag deur Maxwell se pa, Michael Cisneros, op Facebook gedeel. Sedertdien is die video al 430 000 keer gekyk en meer as 7 000 keer gedeel. Boonop is daar wêreldwyd oor die twee seuntjies se dierbare vriendskap berig.

Die video is in ʼn straat in New York geneem. Maxwell se pa het aan WPIX vertel die seuntjies raak altyd so opgewonde om mekaar te sien dat hy dié keer vinnig sy selfoon uitgehaal het om hulle af te neem. Hy sê hy is gewoonlik huiwerig om persoonlike inligting op sosiale media te deel, maar dié oomblik was te kosbaar om nié te deel nie.

Cisneros het aan ABC News gesê Maxwell en Finnegan ken mekaar al ʼn jaar lank en is onafskeidbaar. “Wanneer hulle nie by mekaar is nie, vra hulle alewig oor mekaar. Hulle gaan saam musiekklas toe en hulle is mal daaroor om te dans. Hulle is uitstekende dansers,” het Cisneros gesê.

Hy vertel die twee seuntjies kan mekaar gelukkig gereeld sien aangesien hulle in dieselfde buurt woon en pas begin het om saam dagskool toe te ry in die oggende. Cisneros sê die boesemmaats speel ook graag saam met Finnegan se ouers tennis. Hulle het vir die seuntjies tennistoerusting gekoop het om te speel.

“Met al die rassisme en haat in die wêreld, het ek net gedink dit is ʼn pragtige video.”

I have no idea how to make things go viral, for those that do……please share. This is just so beautiful. Finnegan + Maxwell= BESTIES!!! If we could all be like this. ???????????????????????? @2_puggles_anda_baby O, The Oprah Magazine Oprah Winfrey The Today's Show best topic of the day NBC New York TheEllenShow

Posted by Michael D Cisneros on Sunday, 8 September 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Wielspore ·

Dit is wat kinders doen as hulle klein is, totdat hulle ouers vir hulle voorskryf wat om te doen.

Theresa ·

Ek stem Wielspore. Totdat hul groot genoeg is om te verstaan wat die ouers sê. Hulle word al van kleintyd opgesweep. Maar sulke dinge gebeur net in New York. Hier in SA steek hulle mekaar met messe dood!

JvA ·

Ek dog my skoonma val amper op haar rug toe my seun die tuinjong aanspreek as “oom” nou die dag. Dit is hoe ek my seun groot maak, om respek te he vir mense. Ongeag. ????

HPV ·

Ongelukkig het ons Ace en Malema in die land wat ten alle koste versoening verhoed, selfs onmoontlik maak.

Cherokee ·

en as Magashule en Malema aftree, sal jy met die res van hulle versoen?

My mening ·

Daar is werklik niks kosbaarders as kindertjies nie. As ons maar net weer só na mekaar kan kyk. Dis tog ook wat Jesus van ons vra.

Roos ·

Dis pragtig! Klein kindertjies doen dit spontaan. Ander dag het mense glimlaggend staan en kyk hoe 2 vreemde peuters (swartetjie en wittetjie) al brabbelend met mekaar gesels en vir mekaar alles wys wat hulle sien.
Opvreetbaar.

Welgedaan ·

Die onskuldigheid van ‘n kind – dit is so precious.
Dis mos nou lekker om so iets te sien……….. hulle is net gelukkig om mekaar se maatjies te wees. ‘n Kind se hart het so baie liefde……. party van ons grootmense kan baie by ons kinders leer……..

Patch ·

Opregte, onvoorwaardelike kinderliefde ken nie kleur nie. Wielspore, Theresa en JvA ek stem saam met julle. Dit is ouers wat die kinders opsweep. My kinders is groot gemaak met respek vir alle mense, ongeag jou velkleur. As jy met respek behandel wil word moet jy weet hoe om dit uit te deel.

Natascha ·

Pragtig, dit kan gebeur. Se mos rasse haat begin by ons huise.
Ons moet leer om ons kinders die waarde van die lewe te leer asook om ander te respekteer. Maar se dit nou vir almal.

Alida X ·

Baie van dit wat julle sê is waar.
Die vraag of ons ook so sal maak as Ace en Malema nie meer daar is nie kan baie antwoorde uitlok.
Ek wil net noem dat die verdraagsaamheid nie net van een kant kan kom nie.
Rasse haat word baie meer deur ons mede landsburgers aangeblaas as deur onsself,
My kleinkinders praat ook ban Oom en Tannie en die jongeres op die plaas word ook met respek behandel.
Met al die kwotas in sport ens vra die kinders soms vrae wat eerlik beantwoord moet word.
“Oom hoekom is Jannie nie vir die atletiekspan gekies nie maar Sipho? Jannie is dan vinniger en wen Sipho elke keer.” Wat antwoord jy daarop ?
Ons regering bly karring oor apartheid wat die skuld vir al hulle tekortkominge moet kry Tot hulle nie daarmee ophou en erken dat daar baie foute en korrupsie is wat niks met die verlede te doen het nie sal rasseverhoudings nie regkom nie.
Hoeveel keer moet ons sê daar is foute gemaak en ek is jammer?
Nee ons maak nie ons kinders rassisties groot nie, hulle sien ook wat aangaan.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.