Koben Hofmeyr, die seun van Louis Trichardt in Limpopo wat sy nekwerwels in ʼn rugbywedstryd beseer het, kan amper al sy vingers beweeg, het sy pa Donderdag aan Maroela Media gesê.
Koben was aanvanklik verlam van sy bors af ondertoe en kon glad nie sy vingers beweeg nie. Koben is ʼn kranige rugbyspeler en kunstenaar.
“Hy is in die wolke. Noudat ons weet dat sy handsenuwee nie af is nie, is daar soveel goed wat hy sal kan doen. Hy sal kan skryf, weer skilder, sy eie rolstoel hanteer en nog baie meer. Dit maak hom soveel minder afhanklik van ander mense, en dit is vir hom uiters belangrik,” het Trompie Hofmeyr, Koben se pa, gesê.
Hofmeyr het gesê Koben kon teen Dinsdag sy wysvinger, middelvinger en ringvinger beweeg en het Woensdag sy pinkie ook beweeg.
“Die pinkie is die een wat belangrik is, want jou hand se krag is in die pinkie. Dit is hoe dit werk: die eerste fase is beweging in sy polse, dan beweging in sy vingers, en dan beweging in sy pinkie, so dit is baie goed vir ons. Ons is baie trots op hom,” het hy gesê.
Maroela Media het vroeër berig Koben, die kaptein van die Hoërskool Louis Trichardt se o.16-rugbyspan, het ʼn ander speler geduik en in die proses sy nek ernstig beseer. Hy is toe per helikopter na die Life Groenkloof-hospitaal in Pretoria se waakeenheid geneem waar hy dadelik ʼn noodoperasie ondergaan het.
Hofmeyr het gesê hoewel Koben goeie vordering maak met sy motoriese beweging, sukkel hy steeds met sy bloeddruk.
“Sy bloeddruk is nog ʼn probleem, asook die bloedklont wat hy het. Wanneer die bloedklont aan die wand heg, is dit nie meer in so ʼn gevaarlike posisie nie, so dit is waarvoor ons bid.”
Koben kan ook al self ʼn plastiekkoppie optel en daaruit drink.
“Hy probeer baie dinge self en die arbeidsterapeut help hom goed om sy beweging terug te kry. Hy kroek nog bietjie met die koppie, want hy tel dit met sy handpalms en polse op, maar ons is baie bly en baie trots op hom,” het Hofmeyr gesê.
Vir donasies besoek die Facebook-blad hier.
Sterkte koben jy maak wonderlike vordering net vasbyt
Sterkte – ons is ook deur so ‘n tragedie in ons lewe. Dit is nie maklik vir die persoon self nie en ook nie vir die om hom nie. Mag jy God se genade ontvang.
Koben, Sterkte, onse Vader waak oor jou. Ek kry trane in my oe. Glo net!!!
So hartseer. Ons as familie was/is deur dieselfde trauma. Ek bid hom baie voorspoed en sterkte toe.
Ek wil graag vir die jongman en sy ouers se moenie op hou bid en vertrou en glo nie. My man het in n motorongeluk sy “nek gebreek” was verlam geheel van bo tot onder, hy het gebid en geglo asnhy net n vinger kan beweeg gaan hy weet is God se teken vir gensing, hy loop werk en doen als vandag hy het die dag toe hy sy wysvinger kon beweeg aan hou oefen oefen en oefen. Wa n langpad maar moenie nou aanvaar jy gaan in n rolstoel eindig nie NEEEEE hou aan oefen.