Video: Koerantverkoper se verhaal gryp harte aan

'n Skermgreep uit die video.

‘n Skermgreep uit die video.

Albert Bredenhann, die bekende fotograaf en eienaar van Pixel Pro Photography, se selfoonvideo van ʼn vrou in Pretoria wat vertel van haar lewe as koerantverkoper, het soveel mense aangeraak dat dié video binne ʼn dag reeds meer as 200 000 keer op sosiale media gekyk is. Die video is ook bykans 6 500 keer gedeel.

Bredenhann het aan Maroela Media vertel hy was omstreeks 04:00 Dinsdagoggend by ʼn vulstasie in Olympus in die ooste van Pretoria, toe hy ene Cornelia sien staan het met haar koerante.

“Ek loop gereeld interessante mense raak en dan vra ek hulle uit oor hulle lewe. Nie al die video’s word egter so wyd versprei soos Cornelia sʼn nie. Sy het so vrolik gelyk dat ek gedink het ek wil graag met haar gesels,” sê hy.

In die video vertel Cornelia (29) dat sy reeds om 01:00 die oggend moes opstaan om 04:00 by die vulstasie aan te meld vir haar koerantverkope. “Ek moet, oom,” sê sy gelate.

Sy vertel verder dat sy reeds voor 02:00 die koerante moet gaan afhaal by die depot in Silverton en dat sy op daardie spesifieke dag slegs agt koerante gehad het om te verkoop. Hoewel sy sê dat haar inkomste van dag tot dag verskil, het sy vertel dat sy die vorige dag R13,00 huis toe gevat het.

Op ʼn vraag van Bredenhann hoe dit moontlik is om te leef op R13 ʼn dag, antwoord sy: “ʼn Mens moet seker maar ʼn broodjie eet.”

Verder vertel sy dat sy ʼn seuntjie het wat in Laerskool Nicolaas Smit, wat in Hercules in Pretoria-Wes is, skoolgaan. Volgens Bredenhann het die skoolhoof van dié skool intussen met hom kontak gemaak en bevestig daar word by die skool vir die seun voorsiening gemaak vir kos en klere deur die skool se voedingskema en klerebank.

Sedert die video so wyd op sosiale media versprei is, het talle weldoeners na vore gekom om Cornelia te help. ʼn Tandarts het sy dienste aangebied om Cornelia se tande te trek en vir haar valstande in te sit. “Ek het vanoggend die nuus aan haar oorgedra en sy is baie dankbaar. Ek sien daar het intussen ook mense vir haar sakke klere by die vulstasie afgelaai,” sê Bredenhann.

Bredenhann voeg by dat sy missie nie is om slegs vir Cornelia by te staan nie en daarom is daar nie ʼn bankrekening of ander fonds vir haar geskep nie.

“Cornelia is gelukkig met haar lewe. Om koerante te verkoop gee vir haar ʼn doel in die lewe. Die missie deur Cornelia se verhaal te deel, is eerder om mense aan te spoor om behoeftiges in hul omgewing by te staan. Op elke hoek is daar ʼn koerantverkoper. Ken jy sy naam? Weet jy wat sy storie is? Daar is soveel behoeftige mense daar buite, dalk selfs jou eie familie, wat nie noodwendig eens finansiële hulp nodig het nie, maar dalk net iets eenvoudigs soos ʼn drukkie of ʼn glimlag.”

Hy benadruk dat finansiële hulp nie altyd die enigste uitweg is om ʼn behoeftige persoon te help nie. “Geld kan soms meer skade aanrig as goed doen. Gee dan eerder kruideniersware, klere, of groet bloot net. Maak ʼn verskil deur jou tyd te gee. Ek glo dat daar wel nog empatie vir ander in die samelewing is en dit is hoekom Cornelia se verhaal so wyd gedeel is.”

Volgens Bredenhann kan ons elkeen ʼn “Cornelia” in die lewe raaksien en daardie persoon se lewe probeer verander.

“Elke ou moet uitgaan en ʼn ‘Cornelia’ gaan soek in sy lewe. As elkeen ʼn ‘Cornelia’ in sy lewe kan aanraak, sal die wêreld ʼn beter plek wees. Daar is altyd ʼn storie agter die storie.”

Vanoggend net na 4am was ek by die garage en het ek 'n rukkie na die vrolike girl gestaan en kyk … En toe kon ek nie anders as om vir haar paar vrae te vra nie …

Posted by Albert Bredenhann on Monday, March 4, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Elize ·

Een mens kan nie die wêreld eiehandig verander nie, maar elke mens kan bydra tot ‘n groter geheel. Sluit aan as vrywilliger by die Helpende Hand tak naaste aan jou en maak so ‘n verskil. Dit is die beste besluit wat ek nog in my hele lewe geneem het. Dit verander lewens

Ronel Nortje ·

Dit laat mens besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees. Elke dag is net genade. Ek stem saam – al kan elkeen van ons net een persoon se lewe beter maak, kan dit ‘n groot verskil maak. As ons ander seën word ons ook geseën. Ons almal kan iets uit hierdie artikel leer.

Ek sou ·

As ek ‘n besigheid gehad het het ek haar aangestel want hierdie is ‘n mens wat wil werk!!!!!

Nadia ·

Baie mooi storie! Hier in Brooklyn weg op die hoek van Brooklyn en Lynnwood staan daar ‘n nie blanke man, ek het geen idee wat is sy naam nie. Hy verkoop ook koerante maar met ‘n passie. Ek druk net die toeter dan waai hy behoorlik sy arm af, almal wat verby gaan groet hy met passie en ‘n masiewe glimlag! Jy kom gou agter die dag as hy nie daar staan met sy koerant nie, dan soek jy na daai vrolike energieke mens.

Blom ·

Ek weet van hom, kikker sommer ‘n mens se dag op! Hy “high 5” ook die mense wie hy al ken as hulle verby ry :-).

ja!! ·

ja!! dis n amazing persoon, ek koop nie koerant nie, ek ry net verby en jis ,,,,,,,,,,,,, daar is nou n man met passie!!!!

Chellie ·

Mens is so geneig om te klae oor wat jy nie het in die lewe nie – ek ingesluit, dan sien mens iets soos hierdie en jy besef eintlik het jy so baie om voor dankbaar te wees! Dankie vir die deel Maroela!

Jane ·

EK SIEN HAAR ELKE OGGEND en ELKE dag groet en waai sy vir soveel mense as wat sy kan, dit maak nie vir haar saak of hulle terugwaai nie, sy probeer in elk geval. Almal word dieselfde behandel, en of dit yskoud of vuurwarm is, sy staan op daardie hoek en koerante verkoop. Good for you girl .. die persepsie dat alle blankes ryk is is NIE WAAR NIE, maar jy is eerlik en verdien jou geld op ‘n eerlike manier .. DANKIE VIR ALMAL WAT HAAR GEHELP HET .. as ek weer daar verbygaan, doen ek dieselfde …

Astrain ·

My oge is vol trane want ek kan tog soms so kla met ‘n roomkoek onder elke arm…sy is so ‘n dapper kind!

Niklaas ·

In ons dorp by die robots staan talle blankes met die hulp soekende boodskap bordjie . Ongelukkig word die geld geïn nie aangewend vir kos nie. Ek het al self werk aangebied , maar hul stel nie belang nie. Ons moet maar altyd ons seëninge tel en dankbaar wees.

IK ·

Stem saam Niklaas. Stel jou voor ‘n wit vrou staan op die hoek en bedel. Op dieselfde hoek staan ‘n swart vrou wat besems maak en dit verkoop. Wie gaan jy ondersteun??

JohanL ·

Niklaas, ek hoop jy het jou feite reg, want dit klink of jy veralgemeen. Lees dan ook my tweede laaste paragraaf.

Terwyl daar sekerlik mense is wat bedelgeld nie reg aanwend nie, is daar ook mense wat wel kos koop daarmee. My standpunt is eenvoudig dat ek nie weet wat hulle daarmee gaan doen nie en as ek kan, dan gee ek ietsie. Dan is my gewete skoon dat ek gedeel het. Wat die bedelaar daarmee doen, is dan sy/haar saak.

As ek vir ‘n feit weet dat bedelaar A by robot B dwelms koop met geld – ja, dan sal ek nie gee nie.

As jy nie geld wil gee nie, gee kos soos ‘n sakkie appels. Ek het menige male ‘n sakkie appels gekoop en dit vir bedelaars gegee. Meeste is baie gelukkig daarmee.

Hartseer ·

Dame ek haal my hoed af vir jou jy stel n voorbeeld aan ander wat net wil bedel en nie wil werk nie as ek in Pretoria gebly het sou ek al jou koerante daaagliks koop

Broempie ·

Sjoe.. 29 en ‘n koerant verkoper. Nog soveel potensiaal.. Ek wens ook ek het my eie besigheid gehad sodat ek mense kan aanstel so hierdie. Mens wat bereid is om nog te werk!

Bets ·

Baie baie dankie vir al die mense daar buite wat hule harte oop gemaak het vir cornelia,vir elke rapport en beeld verkoper haal ek my hoed af wat elke dag of sondae in die hitte staan of as dit reen en dis koud maar staan wil hulle staan en hule geldqies verdien.

Marinda ·

ñ Mens dink jy het probleme, en dan lees jy van Cornelia en dit laat jou dink en besef, jou probleme is niks in vergelyking met iemand anders sñ nie.
Cornelia, Ek bid elke dag vir mense soos jy. Wat net probeer om ñ eerlike bestaan te maak.

Stem saam met jou, Ek Sou.

Gesiggie ·

Ek sluk aan die knop in my keel…. Cornelia jy is n voorbeeld vir baie ander mense… mense bedel maar is nie bereid om te werk maak nie saak wat van jou omstandighede jy is n vrou duisend , want jy weet jy het n kind om na om te sien, vir al die Engele daar buite en ook vir Albert… baie dankie dat jul omgee en dat jul harte uit gegaan het na Cornelia. Mag jou pad van nou af net met rose besaai word en maybe is daar iemand daar buite wat aan jou n beter werk kan gee sodat jy meer geld kan verdien.

Adelé ·

Net R13.00 Mag dit vir jou dieselfde waarde bring as die 5 brode en 2 vissies. Jy maak my hart warm!

Dorette Potgieter ·

Bid dat Onse Vader haar altyd styf sal vashou oo Sy skoot. Dankie vir die deel.

Soekend ·

Hierdie vrou gee my hoop. Eks 60. Weggesmyt deur familie en my kinders. Soek na werk om myself te onderhou. Ongelukkig is werk skaars vir ‘n ouerige blanke vrou. Maar, ek sal aanhou soek! Dankie Cornelia, jy is vir my ‘n inspirasie

TS ·

Dagsê mevrou. Ek wens ek kon vir iets gee. Al wat ek kan sê is daar is altyd hoop. Ek hoop dat jy nie net n werk sal kry nie maar ook weer aanvaarding.

Wavey ·

Het haar Desember vakansie in die dieretuin gesien. By kiosk vir haar n biertjie gekoop en toe sommer vir n klein seuntjie saam met haar in n stootwaentjie n slukkie bier gegee…bygesê 11uur die oggend……

Sê maar net ·

Wavey, en jou lewe is perfek? Jy kyk waar jy n verskil in ander se lewens kan maak. Jy gaan op jou kniee en is dankbaar vir wat jy het. Jy prys jou vrou vir die liefde wat sy vir jou het. Jy klim elke oggend in jou motor en ry na jou werk. Tel jou eie klippe op voor jy ander daarmee gooi. Dis seker die enigste iets wat sy kon geniet het op daardie tyd? Maak nie saak watter tyd van die dag nie, dis n bysaak.

BB ·

Wavey. Iemand het net gister vir my gese ‘n dokter het haar aanbeveel om elke dag ‘n slukkie van haar man se bier te neem. Dit help glo baie met Vit B aanvulling wat weer help vir mondsere ens. So die ou biertjie glo ek nie het baie skade gedoen nie.

Leandi ·

Wavey, as ek in haar skoene was het ek dalk net 10 biere ‘n dag gedrink om van my probleme te vergeet – hou op judge! Jy is nie in daardie posisie nie…
Cornelia, ek bid vir jou!

Engela ·

Ek het gekla omdat ek nie skoene het nie, toe sien ek ‘n man wat nie voete het nie!

BK ·

Dit laat my dink aan iets wat by ouma altyd gesê het. Sy het ook gesê wie die klein dinge in die lewe waardeer nie verdien nie die groot dinge in die lewe nie.

Laat ons elke dag lewe met ‘n strewe om op te bou. Nie net onsself nie maar ook die mense om ons

Rosemary ·

Wavey, oe la la jy is tog so heilig, en gun niemand iets nie, jy is uiters gemeen, hoop jy kan jouself nog ‘n klein bietjie menslikheid aanleer. Bid maar dat jy nie eendag so moet sukkel en dan nog deur ander dopgehou te word nie .

WJ ·

Ek kan net sê: Ek was in trane toe ek haar storie lees, en veral toe ek na die video kyk.
Sal Bid dat iemand haar ‘n kans op ‘n werk sal gee.
Foeitog.
Is self nog nie ‘n ma nie, maar het soveel respek vir hierdie vrou gekry. Bid regtig dat iemand haar ‘n kans gee en dat daar ‘n opvolg gedoen word van haar storie.
Bid vir jou Cornelia. Die Here het jou nie vergeet nie.

Wonder maar net ·

Wavey, hoe seker is jy dat dit wel sy was? Sy het genoem dat haar seuntjie 5 jaar oud is… jy praat van ‘n stootwaentjie, dink jy nie die seuntjie is bietjie groot vir stootwaentjie ry nie? Maar net gewonder?

IK ·

Presies ‘Wonder maar net’ jou kommentaar is ‘n skerp waarneming. Nou wonder ook ek of Wavey nie dalk ‘n biertjie gehad het . . . . ?

ek wonder oor seuntjie ·

nic smit is n laerskool, generaal Nicolaas Smit, en sy se seuntjie is 5 jaar oud? verstaan dit nie, dan weer, as sy kind in stootkarretjie het, is hy dalk gestremd?

Spike ·

Baie dankie vir die mooi storie en sterkte Cornelia, maar weens comrades, kaders, malemas, blf’s gee en net vir wittes.

Miggie Pelser ·

Cornelia jy is ‘n groot inspirasie vir baie mense, ek het baie respek vir jou, mag die Here jou seën en mag jy eendag die vrugte pluk van al jou harde werk. Jy is ‘n voorbeeld vir ons almal, jou seun kan trots wees op jou.

wilma ·

Weet iemand wat word koerantverkopers betaal vir elke koerant wat hulle verkoop?

Sandy ·

Dis nou as mens weet die lewe skuld jou niks en dat jy moet werk vir wat jy het, sonder om op te gee as jy net R13 huistoe vat. Cornelia, jy is ‘n ware vegter en ek wat nooit met R13 kan leef vir ‘n dag nie, haal my hoed vir jou af en bid jou en jou seuntjie voorspoed toe.

LD ·

Ek salute jou vrou! Jy gee my weer hoop dat daar wel ñ doel vir elkeen van ons is! Ek is 28 blanke vrou en kry nie werk nie, het so baie ondervinding in verskillende dinge en dis nie omdat ek van een werk na ñ ander een spring nie, dis net 4 verskillende mense se verskillende werke doen dat ek soveel dinge geleer het! Maar tog met als en als wil niemand my ñ werk gee nie. Eks elke dag in die dorp en loop van een plek na die ander met my 1jarige kind en gee my cv af by elke plek, soms weet ek nie eers wat die plek doen nie maar ek hoop maar iemand gee my ñ kans! As ek nie reg kom nie sal ek ook maar koerante gaan verkoop, by gesê, as die koerant plek my ñ werk wil gee! Ons mense kry baie swaar! En vriendelikheid kos niks!!

Blondie ·

Sjoe, ek moet ophou kla. Ek het eintlik so baie om voor dankbaar te wees.

Frank ·

Wow! Dalk moet Maroela Media begin om gedrukte koerante te verkoop – dan sal ek weer koerant koop… Spesifiek ook om dié mense te ondersteun…

Jo ·

Wavey, dalk het jy nou n biertjie in en kan nie lekker sien nie, shame, moet aaklig wees om so te wees, sies!!!!!

Welgedaan dame, trots op jou

GM ·

Dis vreeslik hartseer om te sien hoe swaar mense kry terwyl daar vele is wat in duur huise bly en duur motors ry wat nie hul geld op ‘n eerlike manier verdien het nie. My man moes al by ‘n plek gaan werk het van een of ander ANC hoë. Buiten vir die grootte van die plek, het dit persiese matte ingehad. Die werkers was bang hul trap vuil. Die vrou sê toe dat hul nie hoef te worry nie, die persiese matte word vervang na die werk voltooi is. En die matte het niks makeer nie. Dan was daar ander gevalle waar vuur op teëls gemaak is, maar hulle bly in dié buurt!
Skokkend.
Ek hoop iemand gee vir die dame ‘n werk waar sy meer kan verdien. Ons land het meer sulke mense nodig wat wil werk. Dis tyd dat dié wat NIE WIL werk nie, op ‘n aparte plek gaan bly sodat die res die land kan opbou.

Cynthia ·

Albert Bredenhann jy is ‘n onbaatsugtige man wat hierdie eenvoudige vroutjie soos ‘n prinses laat voel. Hoe groot is hart hart en hoe innemende houding… Sy is opgewonde oor R13, terwyl daar mense is wat verby haar kyk. Mense met blink motors wat in groot huise bly en vir ‘n moontlike R13000 werk, en steeds kla.
Haar gesig op die video spreek boekdele van opgewondenheid en blydskap… Nie skaamte vir haar eenvoudige lewe.. Sy is voorwaar ‘n voorbeeld vir duisende wit Suid-Afrikaners. Ek wens haar die beste toe. God se seën vir jou Cornelia!!!

marlyn ·

Waverley wat daar van as sy n biertjie geniet het, wat wil jy probeer bewys sy het nie jou of enige iemand anders gevra vir geld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.