Video: Kom beplan saam aan ’n pad vir 2030

Die Solidariteit Beweging het onlangs sy tweede Toekomsberaad aangekondig. V.l.n.r. is Kallie Kriel van AfriForum, Hannes Noëth van Helpende Hand, dr. Danie Langner van die FAK en dr. Dirk Hermann van Solidariteit. Foto: Reint Dykema

Die groter Solidariteit Beweging, waaronder Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en die FAK, het onlangs aangekondig dat hy op 10 Oktober ’n tweede Toekomsberaad sal hou waarby dié organisasie sy toekomsplanne vir 2030 bekend sal maak.

Hierdie Toekomsberaad volg op die eerste een wat in 2015 gehou is, waartydens planne vir 2020 beraam en bekendgemaak is. Die doelwitte wat in 2015 gestel is, is egter reeds voor die einde van hierdie vyfjaartermyn bereik en verdere toekomsplanne is nou van wesenlike belang.

Volgens Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder van die Solidariteit Beweging, is dit verblydend om te kan aankondig dat die planne wat die verskeie instellings van die Beweging in 2015 bekendgestel het reeds, vóór die einde van die vyfjaartermyn, bereik is. Volgens Redelinghuys wys dit dat die Beweging nie net praat nie, maar werklik doen.

“Die werk kan egter nie nou stop nie. Daar heers toenemende kommer dat die agteruitgang van die staat besig is om al hoe meer momentum te kry, terwyl die aktiewe uitsluiting wat Afrikaners op verskeie fronte beleef slegs deur praktiese selfbestuur die hoof gebied kan word,” het Redelinghuys verduidelik.

“Die Beweging en al sy instellings werk dus kliphard aan toekomsplanne waar die Afrikaner en die Afrikaanse taalgemeenskap hier in Suid-Afrika vry, veilig en voorspoedig kan bly en leef,” het Redelinghuys benadruk.

“Hierdie planne kan egter nie verwesenlik word sonder betrokke en aktiewe gemeenskappe nie. Daarom hou ons ’n massiewe beraad waarby al die lede en ondersteuners van die instellings in die Beweging genooi word om saam te kom dink en deel te neem aan die bou van ’n toekoms vir ons en ons nageslag,” het Redelinghuys gesê.

Kyk hier na ʼn video van die bekendstelling van die Solidariteit Beweging se tweede Toekomsberaad:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dolf ·

Is dit nou ‘n taal, kulturele, ekonomiese, sosiale of politieke beraad? Of sommer alles in een.

humor ·

Miskien lees ek dit nie raak nie maar kan iemand asseblief help.Waar en presies hoe laat vind die beraad plaas

sweis ·

Dit help nie almal wil vergader en hand uit steek nie onderhandel vir n eie staat waar almal wat moeg vir die sa soos ons hom ken n nuwe begin kan maak met n eie regering ,polisie ,hospitale ,skole ens net soos die europese lande vandag waar elke volk homself kan regeer.

Frik ·

Ek begin ook moeg raak vir die “om Suid Afrika op te bou” storielyne.

Root ·

Klink darrem verskriklik erg na die VN se Agenda 2030, hoop nie julle knapies bat eintlik vir daai span nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.