Video: Kom deel in die ‘Bloodhound’-opwinding

Bloodhound-projek

Die supersoniese motor bekend as die ‘Bloodhound’ is binnekort weer in Suid-Afrika. Foto: Bloodhoundssc.com

Die supersoniese motor bekend as die ‘Bloodhound‘ is binnekort op pad na Suid-Afrika waar die Britse span met plaaslike kenners gaan kragte saamspan om te probeer om ʼn spoed van meer as 1 600 kilometer per uur op Hakskeenpan in die Noord-Kaap te haal.

Die wetenskaplikes wil ook die jongklomp aanspoor om opgewonde te raak oor dié poging en daarom is daar tot 17 Junie ʼn uitstalling in Johannesburg waar ʼn mens self kan voel hoe dit sou wees om agter die stuur van dié supermotor te wees.

  • Besoek gerus dié webwerf vir meer inligting oor die Bloodhound-projek.

Hierdie insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.