Video: Kom jy saam? Reën bring kleurvolle landskap aan dorre Namakwaland

Namakwa-veld-05.jpeg

Foto: Mike Spies, Namakwa Toere

Blomme, blomme en nog blomme. Oor die afgelope paar weke het die goeie reënval in die Namakwaland-streek behoorlik oproer veroorsaak. Foto’s van ʼn papnat Namakwaland is omtrent rondgestuur op sosialemediaplatforms.

Maroela Media se Storiebus-toerleier, Mike Spies van Namakwa Toere, het nou, ná al die reën, in die veld gaan stap om vir ons ʼn voorsmakie te gee van die blomme wat reeds hul verskyning gemaak het. Kyk hier na die video:

 

Mike het ook ʼn paar pragtige foto’s vanoggend in die veld geneem om vir ons te wys wat op ons Storiebus-toergangers wag.

Kom kuier saam met Maroela Media en Anna Davel in Namakwaland vanaf 7 tot 11 Augustus. Jy het nog nooit só iets beleef nie. Vir meer inligting, vul die vorm hier onder in en ʼn konsultant sal met jou kontak maak.

Ek stel belang!

Oops! We could not locate your form.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.