ʼn Video van ʼn tien maande oue baba wat vir die eerste keer kan “sien” toe haar ma vir haar ʼn bril opsit, gryp wêreldwyd harte aan.
Jessica Sinclair het aan ABC News gesê sy en haar man het ʼn afspraak by hul pediater gemaak toe Piper nie begin kruip het nie. ʼn Paar toetse later het hulle besef dat Piper se sig baie swak is en sy het haar eie, pasgemaakte pienk bril gekry.
Piper se gesiggie verhelder sommer dadelik voor sy ʼn groot glimlag gee toe sy uiteindelik haar pa en ma kan sien.
Dis so kosbaar , so bly vir die pragtige dogtertjie..