[Video] Lady, Boertjie en Boytjie dra boere deur ergste droogte

Die Boytjie, Boertjie en Die Lady (Foto: Facebook)

Die Lady, die Boertjie en die Boytjie, almal Volvo-vragmotors, het sedert die organisasie Boere in Nood se hulpkreet om boere landwyd by te staan, meer as 443 000 km afgelê om nagenoeg 12 000 bale voer na boere in droogtegeteisterde gebiede te bring.

Volvo het Dinsdag in ʼn verklaring gesê meer as 1 200 boere het by dié skenkings gebaat nadat boere regoor die land deur een van die ergste droogtes nóg in Suid-Afrika gegaan het.

“Ons het besef hoewel die droogte sy tol op gemeenskappe eis, is dit die boeregemeenskappe wat dit eerstehands ervaar. Ons wou dus eerstehands hulp aan die boere verleen en iets doen wat hulle daadwerklik gaan help,” het Valentia Hobbs, hoof van bemarking en kommunikasie, gesê.

Buiten vir die vragmotors wat gebruik is om die bale te vervoer, het die maatskappy verder ook diesel en bestuurders beskikbaar gestel om te verseker die skenkings bereik die boere.

‘n Skermskoot uit die video

“Ons is dankbaar dat ons saam met Boere in Nood kon werk om ʼn verskil in boere se lewens te maak. Met dié bystand kon baie van die boere se diere ook oorleef. Ons werk gaan beslis nie hier stop nie.”

Die Boertjie-vragmotor het in dié tydperk 116 037 km afgelê, Boytjie het 160 457 km gery en die Lady vat die kroon met 167 063 km.

Besoek Boere in Nood se Facebook-blad.

Here's to the heroes.We support local farmers and the people behind them.

Posted by Volvo Trucks South Africa on Wednesday, March 1, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Fiefie ·

Well done Volvo! My hart is sommer bly en seer terselfdertyd… My hart breek vir ons mense

A ·

Ek wil ook net baie dankie sê. Dit is wonderlik dat daar nog groot maatskappye is wat werklik iets aan die nood doen. Gewoonlik kyk hulle eers hoeveel BEE punte hulle sal kan kry of wat hulle sal terugkry.

Dankie.

riana ·

Baie dankie Volvo. En dan maak dit mens se hart so seer as ons saam staan en die ander kom maak die boere dood wat hulle voed. Ek kan dit nie verstaan nie.
Sterkte aan die boere in die droogte ons bid vir julle en dink aan julle. En mag die Here al die boere bewaar en na hulle omsien.
Amen

kobus4e ·

Nou ja, terwyl Nissan my in die steek gelaat het nadat ek vir 40 jaar getrou hulle produkte gekoop het, gaan ek nou maar na Volvo skuif

Oom Ekonoom ·

Ek is reeds nou in die karsoek mark, nou het ek my antwoord gekry. Baie dankie Volvo!

sharon ·

Dankie uit die Harte van n Afrikaanse volk my hart loop oor van vreugde!!!!?

Andre ·

Ek was 1 van die 1232 boere wat hulp ontvang het mbv Volvo en Boere in Nood.

Nadat my familie alles verloor het in die droogte van 2015 (distrik Calvinia), het ek hul begin help uit my salaris elke maand. Konstante voerrekening by die Kooperasie, lone, reparasies, vervoer en lewenskostes is hoog. Inkomstes was sowat 15-50% van normale. Geld is nie volop nie en die elende klop daagliks aan jou deur. Steeds is dit bitter droog en het n gedeelte van die plaas boonop afgebrand in Januarie 2017. Die bale wat Volvo vervoer en BIN geskenk het so groot effek op ons en my lewe gehad.

My dae bestaan uit bid vir reen, huil oor die elende en dankbaar wees vir gesondheid en kos op die tafel.

Dankie Volvo en BIN. Jul is engele op aarde geplaas vir n rede.

Paula ·

Ai Andre. Ons is so jammer vir die swaarkry. So baie mense, in so baie verskillende situasies, trek so swaar!..maar ons trek almal saam!
Moet nooit moed opgee nie.
Hou aan veg. Hou aan bid.
Baie mense is agter julle.
Ons bid saam met julle!

Louwkie ·

Well done aan die bestuurders van daai trokkie. Dis ongelooflike baie km’s!!! Mag God altyd by julle wees op die pad.

Oumie ·

Wat ñ mooi storie. Dankie mense. God seën jul. Wens ek kon ñ volvo koop om jul ook te ondersteun.

Netso ·

Netso Oumie, ek wens ook ek kon, die dag as ek kan, gaan ek beslis Volvo ondersteun. Wat ‘n ongelooflike voorbeeld in ‘n tyd waar ons net net wil moed verloor. As mens saamstaan, kan mens iets bereik en Volvo vat die voortou in hierdie leiding. Mag ons die kennis kry om in alle opsigte so saam te staan, ook in misdaad.

Adam ·

Verbeel ek my of het ek onlangs gelees dat Geely Volvo oorgevat het?

Pedri Brits ·

Volvo motors ja. Die borgskap is van Volvo Suid Afrika, wat die trokke is. Niks met Geely uit te waai nie.

Alida ·

Waar is Scania en Toyota en al die ander trokke. Sies skaam julle.

Julene Stevens Louw ·

Ons kan nie genoeg dankie se vir dit wat VOLVO gedoen het vir BIN nie! Lawrence, Gareth en Gregory was ons helde en hul sal altyd bekend wees as ons 3 wonderlike bestuurders! Dankie aan elkeen vir hulp en omgee.

Jackie Markram ·

Daai drie manne het dae en nagte spandeer om ander mense te help.

Baie dankie vir die 3 bestuurders. En altyd was hulle vol grappies

Tanja ·

Baie dankie Volvo, dis regtig wonderlik! Fantasties!

Mag almal asb onthou daar is nogsteeds droogte. BIN het nou meer as ooit hulp en fondse nodig om boere te help veral omdat nie vervoer nou meer het nie.

Dankie vir Boere in Nood span wat soveel op geoffer het al die boere te help.

jean ·

En so gebruik die Liewen Heer sommer Volvos en groot manne wat kan bestuur!…

Niccy ·

Nou besef ek hoekom my dogter nog al die jare ‘n VOLVO hê! Baie dankie julle en aan die bestuurders van daar die trokke en hul families wat seker maar partymaal alleen moes bly, julle is sterre en mag ons Liewe Heer jul seën.

Marika de Klerk ·

VOLVO… dankie aan ons helde en dankie aan Lawrence, Gareth en Gregory! Ons sal julle nooit vergeet nie! Julle het ons laat lag en laat huil en laat jubel! Tonne dankies! En tonne dankies aan Boere in Nood! Julle is ware engele in Suid Afrika! MAAR die droogte is nog lank nie oral verby nie… Liewe publiek, Boere in Nood het steeds finansiele hule en donasies nodig om voer te versprei aan die die boere in die Wes-Kaap, Help asseblief. Besoek hulle Facebook blad Boere in Nood Groep, sluit aan… bid… en as jy kan, maak ‘n donasie asseblief.

Kallie ·

Volvo, baie dankie dat julle die noodkreet van die boere gehoor het. Ek werk in die landboubedryf en weet van die boere se nood. Hulle sit brood op my tafel,het my kinders deur universiteit gesit en skep ook werk vir baie duisende. Die mense wat boere te na kom weet nie wat hulle aan die spens van ons land doen nie!

Sarie ·

Ek kry hoendervleis op hoendervleis, kan nie GLO daar is nog Maatskappye daar buite wat werklik soveel omgee soos wat Volvo nou gedoen het om boere te help nie. Waar is al die ander Maatskappye? Elke sent sal goed benut word. As plaaskind ken en self droogte en veldbrande, as jy nie DEEL daarvan was nie, kan jy jouself vir geen oomblik indink hoe erg dit is nie. Asseblief mense, kom ons staan saam en help waar daar nood is. Ons boere is die primêre verskaffers van al ons kos. Om te huil soos ñ klein kind (trots in die sak gesteek) oor die hulp wat aangebied word, wys vir jou hul opregte wardering.

Christa ·

Volvo, julle is ware staatmakers! Mag julle net vooruit gaan. Julle is ‘n maatskappy om na op te sien, veral deesdae waar dit gewoonlik net elkeen vir homself en die Duiwel vir die red is!!! Voorspoed vir julle!!!

Chantelle Connoway ·

ai dit maak my hart bly, as my pa hier was sou hy help ry het, ek het groot geword met groot trokke, lang pad, groot pad en niemand kon n trok ry soos my pa nie, hy is n legend en ek mis hom elke dag, dankie VOLVO SA en BIN daar wag n plek in die hemel vir julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.