Video: Ma en dogter ná 70 jaar herenig

Elizabeth Pullen en haar dogter, Lynne Wray (Foto: T&T Creative Media/skermgreep uit die video)

ʼn 90-jarige vrou het haar 70-jarige dogter vir die eerste keer ontmoet ná sy haar as baba laat aanneem het.

Roerende beeldmateriaal wys die ontmoeting op 6 Mei in Louisiana in die VSA tussen Elizabeth Pullen en haar dogter, Lynne Wray. “Jy lyk soos ek, nè? Jy is wonderlik, ek is lief vir jou,” was Pullen se eerste woorde aan haar dogter.

Pullen se kleinkind, Wanda LeBlanc, ʼn professionele fotograaf, het die reünie gereël. Sy het oor Kersfees ʼn DNS-toets laat doen en ʼn vreemdeling se naam – Lynne Wray – gesien onder ʼn lys van naby familielede. Die databasis laat gebruikers toe om mekaar te kontak.

Wray se profiel op die databasis lui: “Ek is aangeneem en het nog nooit my biologiese familie ontmoet nie.”

LeBlanc het haar gekontak en was verbaas om te hoor Wray is haar tannie. Sy het met haar ma, Katherine, en ouma (Pullen) gesels en dit is toe Pullen met die sak patats vorendag gekom het. Volgens aannemingsprosedures in die 1940’s was ma’s nie toegelaat om die baba te sien ná geboorte nie en Pullen en Wray het mekaar dus nog nooit vantevore gesien nie.

LeBlanch het aan MailOnline gesê haar ouma was angstig voor die ontmoeting, maar dat alles vlot verloop het. “My ouma het ná die tyd gesê sy voel vry. Haar boodskap is dat dit nooit te laat is nie en mense moet nie bang wees om die waarheid te praat nie.”

Wray het intussen na haar huis in North Carolina in die VSA teruggekeer. Die twee vroue beplan om in verbinding te bly met mekaar.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Db ·

Dit is opregte vreugde op almal se gesigte. Baie bly dat hulle mekaar uiteindelik gevind het

Spatare ·

Ma en dogter lyk beslis nie 90 en 70 nie, jissie hulle lyk goed!

Carl Jordaan ·

Dit is haar kleindogter wat haar 70 jarige ma, met haar ouma verenig het. Wat n pragtige verhaal

Maria ·

SO MOOI! wens aan alle ouers en kinders selfde probleme gehad met vreugte,blyskap en op n vrede manier doen dit baie belangrik voor jou strewe kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.