Video: Marelize oor dáái val: ‘Dit was skreeusnaaks!’

‘n Skermskoot uit die video van Marelize Horn se nou beroemde val.

Sy het byna oornag die splinternuwe sensasie onder Afrikaanssprekendes geword – die jong meisie wat reguit met haar fiets teen ʼn rugbypaal vasry en haar ma wat reageer met die nou byna ikoniese “My f** Marelize”.

Maar Marelize Horn (19) van Windhoek in Namibië het nooit kon dink haar flater sou só wyd versprei dat dit naderhand die hele Suid-Afrika aan die skater het nie.

“Ek het die afgelope paar dae wakker geword en vir my ma gevra, is dit ʼn droom? Ek kan nie glo dit het so groot geword nie. Dit voel onwerklik!” sê sy Vrydagoggend aan Maroela Media.

Sy vertel die video is Saterdag geneem toe sy en haar ma na die naaste skool aan hul huis, Affies Park, is sodat sy daar fiets kan ry. “Ek is 19 jaar oud en kon nog nooit fietsry nie. Toe besluit ek net, nóú moet ek leer fiets ry.”

Sy beplan om later vanjaar in Nederland as au pair te gaan werk en is daarom vasbeslote om fietsry nou onder die knie te kry.

Maar, erken sy, dit was maar ʼn gesukkel aan die begin. “Ek wou leer fiets ry, maar die fiets wou nie geleer word nie,” lag sy. Haar ma, Heidi Horn, het besluit om ʼn video te neem sodat sy kan sien wat sy verkeerd doen.

“Toe ry ek daar op die rugbyveld en ek dink ‘oukei, ek gaan nou regs verby die pale ry’, maar die fiets gaan links en daar ontmoet ons mekaar reg in die middel. Dit was soos ʼn magnetic attraction tussen my en daai paal en daar skiet ek oor die fiets en land op my bas!”

Marelize sê ná haar ma se aanvanklike “My f** Marelize”, het sy begin lag … en lag en lag. “Dit was skreeusnaaks! Teen die tyd dat sy by my kom, het die trane uit haar oë geloop soos sy lag. Daar was mense op die pawiljoen wat gesien het wat gebeur en ons kon hoor hoe hulle lag. Ek het net so hard gelag. Dit was vrek snaaks.”

Dit was eers die volgende oggend dat Marelize gesien het sy is vol kneusplekke van die val, maar daaraan is sy al gewoond, sê sy. “Ek is ʼn regte ongeluksvoël. Ek val seker drie keer ʼn dag! Daardie woorde op die video sê my ma gereeld vir my – dié dat dit so maklik van die tong af rol!”

Marelize het die video op haar Instagram-profiel gedeel en vir haar suster gestuur wat in Potchefstroom studeer sodat sy kan deel in die pret. Haar suster het dit op ʼn paar van haar WhatsApp-groepe gedeel en van daar het dit soos ʼn veldbrand versprei. Toe Marelize die volgende oggend wakker word, was sy en haar beroemde val op al wat sosialemediaplatform is te sien.

“Vergeet die mag van sosiale media, kyk net na die mag van Afrikaanse mense! Mense sê ons kultuur gaan dood, maar dit is glad nie die geval nie. Dié ding wys net weer hoe sterk ons kultuur is en hoe ons kan saamlag,” sê Marelize.

Voel sy ʼn bietjie skaam dat miljoene mense haar flater aanskou het? “Glad nie! Ek het ʼn baie groot persoonlikheid, so ek kom gereeld in sulke situasies waar almal vir my lag. Ek het een dag by die skool op die trappe geval en gerol al die pad tot onder voor ʼn skare mense. En natuurlik het almal net gelag! Ek weet nou al mense lag vir die dom goed wat ek aanvang.”

En ja, sy is deeglik bewus van al die grappies, die liedjies, die gedig en die memes wat nou op die internet die ronde doen ná haar val. “Ek sien gister het iemand iets geplaas oor Eskom wat nou weer fase 1-beurtkrag gaan ingaan, met die hutsmerk ‘My f** Marelize’. Ek is nou al sommer soos Eskom!”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Hanna ·

Sy het nie net die hele Suid-Afrika aan die skater nie, maar Suid-Afrikaners regoor die wêreld lag saam. Ek het die video menigmale op Facebook gesien en my vriendin in Holland het dit vir my per WhatsApp ook gestuur. Groete vanuit die VSA.

Christelle ·

Jy is awesome Marelize. Luv jou uitkyk op die lewe. You go girl.

Blom ·

Dit was beslis nie ‘n wyse besluit om op gras fiets te ry nie. Jy val miskien sagter, maar jy trap moeiliker. Sy sal definitief hierdie voorval vir die res van haar lewe onthou. En sy het vir my laat lag!

Pieter ·

Hier is my kommentaar daaroor, als het nou al so saai in die land geraak selfs hierdie video trek aandag, dit sê darem baie.
Skuus, wat is so snaaks daaraan? Sy is ‘alleen’ op die rugbyveld, ry met die fiets teen die paal vas en toevallig is daar iemand wat die petalje afneem.
Kom ek vra so, nemende in ag die grootte van ‘n rugbyveld, probeer jy een van die rugbypale misry of probeer jy dit raakry?

ek sê maar ·

Dit was VREKsnaaks. Ons het almal gelag en ek kyk gereeld na dit en lag van vooraf. Lag is omtrent al wat mens nog positief laat voel elke dag!

Marilize ·

Haha ja nee kyk ek het net so lekker gelag en daarby is ek ‘n Marilize ook nog!So ek word ook behoorlik geterg nou. You go Marelize

Marlize ·

Trotse naamgenoot van jou! My naam sal nou nooit weer dieselfde wees nie, hahaha!

Marilize ·

En so is ek ook ‘n trotse Marilize….

En net so lomp!! Trots daarop!!

haha ·

Ek lag nou so lekker! die trane loop. ek dink heeltyd daaraan en begin somer randomly in gesprekke daaraan dink en begin lag lol

Mel ·

Ek love hierdie kind en haar lewensuitkyk! As ons almal maar so kon wees.
Skreeusnaaks – en sy ‘own’ dit!!!

Quinny ·

Jy laat my dink aan n goeie pel van my, ons het in die kerk gesit, en die moederskamer het so groot venster om die gehuil te keer, en my pel tik my en vra “jonas, kan ons nie ook in die smoking section gaan sit nie” ROFL.

Funny ·

Ag dis rerig supersnaaks, ek het my doodgelag vir die video, en ek het die heeltyd gegiggel terwyl ek die artikel gelees het. Dit was nou aangenaam om sommer weer oor iets goed te lees. Baie dankie, Marine Lourens, dis ‘n puik artikel.
Marilize, versprei jou sonskyn, girl! Daars ‘n paar ou suurknolle met hulle ongevraagde negatiewe kommentaar wat kan doen met ‘n goeie giggel, getop met pienk fluff en glitter!!!

Wa ·

Ons is almal geregtig op ons opinie, so hier is myne. Dit is baie snaaks!!!! Ek vind dit baie interesant dat jou skermnaam “DeVill” is maar dat jy kerm oor ‘n vloekwoord. Is jy sondeloos? Hou op om ander mense te oordeel. Dis is nie jou plek nie.

Marilize ·

Net so! 10 uit 10 vir jou hantering van die situasie, Marelize!

Spike ·

Die AFRIKANER bly ñ uitsonderlike volk. Sien maklik die humor raak.

Spike ·

Deville. Jy is ñ terugslag vir die AFRIKANER. Ek glo die lewe druk jou plat, maar jy laat dit toe.

Pieter ·

Mornay, ek is verseker nie ‘n pretbederwer nie, maar as dit nou nie so duidelik opgevoer was nie, sou ek dit saam geniet het.

Mensie ·

Het jy die berig gelees ooit of die moeite gedoen om die video te kyk? Dit is haar ma wat so vloek nie sy…

Andre ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie maar as ons dit sien as skaterlag het ons entertainment vlak baie sleg geval. Die ma wat vloek is seker die snaakste deel van die video.

Smurfie ·

Ag ou suur gat.
As jy mooi oplet, sal jy agterkom dat dit juis oor die ma se reaksie gaan.
En Marilize is ook vrek snaaks, die een ding op n masiewe rugbybveld ry sy raak ???

BB ·

Ai tog, die verskil is party mense het nie verbeelding nie en het lanklaas ‘n volwasse kind in die huis gehad. Ek hoef nie verder te verduidelik nie. Die meeste ander mense verstaan en onthou hulle eie ervarings. So geniet dit!

Amelia ·

O wee, Deville, Pieter & Andre! Julle is voorwaar ‘n suur trio!

Sanet ·

Haai AMELIA jong…lag jy jouself nou maar disnis as jy WIL dis OK so!
Maar hoekom wil hap na mense wat nou NÍE OOK dink dis oulik nie?
Ons mag sekerlik tog verskil van mekaar, ñ eie opinie lig daaromtrent…dan nie??

Margi ·

Ons het vanuit Taiwan gelag vir die video. Mens moet vir mensself kan lag. Ons almal het oomblikke. En ek hoop oom of tannie DeVill kan dit eendag insien. Ek hoop vir ‘n Marelize oomblik ten minste eenkeer ‘n dag. Vloek doen ek op die scooter, spontaan.

Mariet ·

Hi Margi, Ons is hier in Dongshang in Taiwan, en ek dink al ons Suid Afrikaners hier lag lekker saam. Ons Afrikaners het ‘n unieke sin vir humor en kan maar lekker lag vir onsself. Ons kyk met verwagting uit na al die grappies wat hieruit gaan voortvloei! Goed gedoen Marelize

Johann ·

Haha ek het net so lekker gelag hier uit Hsinchu.Die video trek al ver.Margi ek glo ons almal vloek te lekker op ons skoeters!

Essa ·

Ek word kry meermale die toekenning vir suurpruim van die dag, maar hierdie video is heerlik snaaks, vloek en al. En Pieter, as dit opgevoer (?) is, werk Marelize beslis as ‘n “stuntman” in die filmbedryf. Nee man, dis juis die spontane reaksie op die groot skrik wat dit so snaaks maak ??

Bren ·

Nou ja daar wys ons Afrikaners nou net weer hoe mooi ons kan oordeel. Bly in glashuise. Ons sal mekaar eerder siem omkom as help. Want as ek iemand oordeel oor hul foute dan lyk my eie foute en sonde nie so groot nie. Pieter ek is seker jy het ook al hardop gevloek. Ek is seker jy het ook al kwaad geword. Ons almal het sonde…hou op klippe gooi.

Madeleine Schutzler ·

Dkie Marelize, hierdie video beur my op. Het lank laas so lekker gelag. En eintlik meer vir MA se kommentaar as jou val. Afrikaans is BO!!!

Wenner ·

My FLIP Marelize! Jou “spirit” is reg! Ek het HEERLIK gelag vir die videogreep! En iemand wat vir haarself kan lag, se “spirit” is reg!!

LÍEWE GENADE,TOG! ·

LIEWE GENADE TOG mense❗❗❗❗
Laat ons maar VERSKIL van mekaar❗❗
DIS ONS DEMOKRATIESE REG❗❗
DIS hoe Vader,ons GeSkape Hét,om TE VERSKIL EN OM ANDERS te wees❗❗
WÁÁÁÁROM nou HAP EN wil PREEK, vir sommige kommentare, as ÁLMAL hulself, nou NIÉ wil slaplag vir dié video nie???
ONS MÁG mos,tog sekerlik ook ÓNS VERSKILLENDE OPINIES EN SMAKE EN GEVOELENS MOS OOK DEEL???
LIEWE GENADE TOG❗❗❗
Moenie só kleinserig+krities wees,as iemand VERSKIL van jou❗❗
LAG vir jou ou grappie en BLESS die ander ou wat NIÉ dink dis snaaks nie❗❗

Janet Danzfuss ·

Ek moet erken dat die ma se reaksie vir my hilarious was. Dis duidelik dat die kind al meer as een maal haar ma verstom het. Ek love altwee.

DS ·

Shame LIEWE GENADE, TOG! … Weet jy wat se hulle van mense wat in hoofletters tik en baie uitroep tekens gebruik. Duidelik is hulle reg in jou geval.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

AAAG..EN BAIE BLESSINGS VIR JOU OOK DS❗❗❗❗❗?????

ANA ·

Ek stem saam met jou LIEWE GENADE TOG en vind jou kommentaar humoristies.
Elkeen is op n eie opinie geregtig en wat maak dit nou saak of jy uitroeptekens gebruik of nie en wat maak dit saak wie nou dink die video is cool of stupid.
DS ek hoop nie jys n ds.nie hoor!

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Jý hét beslis insig,wysheid en blessings nodig liewe DS ? want jy maak totaal verkeerde afleidings en gaan haal die bobbejaan agter die berg ?

Sanet ·

Haai, nou hoekom is jy so kwaad vir die video DS? Hou jy nie daarvan nie?

Lol ·

Love die ma. Sy maak weer vir my die video super snaaks. Julle is awesome.

English South African ·

As an English South African I found this just as halarious. There just isn’t another word like that! The F-bomb in English has an ugliness about it but in Afrikaans it’s so diffirent. My sister and I were rolling with laughter because of the mother’s response. In its purest form, Afrikaans is one of the most beautiful languages in the world. Good luck with the cycling lessons!

ANNA ·

Aag,dis wonderlik as dit snaaks is, vir party mense en as dit hulle laat LAG ?
No problemos hoegenaamd!?

MAAAAR…def nié mý idee van ñ grap of afrikaner wees….as daar ñ ###móét inwees,regtigwaar ?

Lalie ·

Mense dit is absolute priceless… Baie dankie… Ons soek nog.

Lalie ·

Mense dit is absolute priceless… Baie dankie… Ons soek nog.

Sara-Lee Botswana ·

Ag Marelize!? Dit was soo lekker om saam te lag.?✌ Sterkte in die Nederlands met jou Au Pair werk. Jy gaan n wonderlike Au Pair wees met soo sin vir humor.????

Pop ·

As ek so na die kommentare kyk, lyk mense al meer vir my verveeld e n ledig, sit sowaar en wag dat iemand iets oor hul kommentaar se om dan weer te antwoord. Rerig mense!!! Is die lewe so saai dat julle op mekaar moet pik. Gaan sit in n koffiewinkel en kyk of julle nie vriende kan kry nie.

Gerda ·

Ek is nie so seker of Marelize in Holland moet gaan au pair nie… as sy sukkel om n rugbypaal te mis, is ek redelik seker dat sy in n kanaal kan beland?

Verlang huistoe ·

Ek het dit gister op fb gesien en gelag dat die trane rol. Dit was later sommer trane van verlange na my eie mense ook.

Susna ·

Lekker lag ek nou. Ons bly maar n unieke ou Volkie, mag ons nooit ons identiteit verlore laat gaan nie. Ek het ook n Marilize….sy is net een groot plesier.

LOL ·

Lanklaas so lekker gelag!!!
Well done Marelize met jou goeie attitude en die feit dat jyvsaam kan lag!

LOL ·

Lanklaas so lekker gelag!!!
Well done Marelize met jou goeie attitude en die feit dat jy saam kan lag!

Lag net ·

Pop ek is bly die mense wat op mekaar se kommentare aanmerkings maak vermaak jou darem terwyl jy seker in ‘n koffiewinkel iewers sit en wag om vriende te maak. Ek hou wrintiewaar nie tred van wie se wat vir wie nie ek lees net die laaste 5 kommentare op artikels wat ek interessant vind en lees anders gaan ek heeldag op MM wees.

Hercules ·

my maggies Marelize, so ‘n dronk rugby paal, so by my kool!!
??????

yolanda smit ·

Ha ha ek bly in NZ en lees die koerant so nou en dan ,en ek moet se die video het my lekker laat lag veal met jou ma se woorde. Bly om te sien dat snaakse gebeure(sorry veral jou blou lolle) nog n veldbrand kan veroorsaak, Keep up with the practice!!!

Lalie ·

Gerda 10 uit 10 vir jou. Voor ek jou kommentaar gelees het, het ek presies dit vir my man gese.

ook 'n Horn ·

Ek het so lekker gelag toe my meisiekind die video vir my wys…halarious. toemaar Heidi ek ken dit en wat die video sensasie maak, dis nie na gemaak nie. Heidi jy het ons Suid-Afrikaners weer bietjie humor gegee in hierdie donker tyd. UITSTEKEND !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.