Maroela Media se album, Grootste Afrikaanse Liedjie van alle Tye, was deel van ʼn Afrikaanse geskenkpakkie wat die boeke-en-skryfbehoeftewinkelgroep, CNA, aan ʼn Afrikaanse gesin wat in Patagonië, Argentinië, woon, gestuur het. Die krat is gevul met Afrikaanse boeke, musiek-CD’s, tydskrifte en rolprent-DVD’s ter viering van Afrikaans-week wat van 10 tot 15 Augustus plaasvind.
In die video word daar na Laurika Rauch se “Stuur groete aan Mannetjies Roux” geluister en die mense raak omtrent bewoë oor dié pragtige liedjie.
In 1903 het honderde Afrikaanse families vanaf Tafelbaai na Patagonië, Argentinië, of beter bekend as “Plekkie in die son”, gevaar. Dié gesinne het ná die Anglo-Boereoorlog geweier om onder Britse heerskappy te lewe.
Besoek gerus CNA se webblad vir die volledige storie.
Een berig om ‘n “warm gevoel in die hart” oor te kry! Kyk net al die opgewondenheid en vrolikheid in hierdie gesin!