[Video] Moet nooit ʼn padreis in Suid-Afrika aanpak nie, dis nie veilig nie

sa-padreis-video

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Franse paartjie wat ʼn reis na Suid-Afrika beplan het, is herhaaldelik deur familielede en vriende afgeraai om die reis aan te pak. Familielede het die paartjie gewaarsku dat dit veral nie veilig is om dié soort reis in Suid-Afrika sonder ʼn toergids aan te pak nie.

Michel Verpasien en Paulien Bachelor het hulle egter nie van stryk laat bring nie en Suid-Afrika in elk geval besoek – en alles boonop op film vasgelê.

“Ons wou Suid-Afrika so graag besoek, maar was soms bekommerd of die land werklik vir toeriste veilig is. Vriende en familielede het ons vertel hoe onveilig en onstabiel Suid-Afrika is en dat ons nie die land sonder die hulp van ʼn goeie toergids moet besoek nie. Ons het egter besluit om in elk geval te gaan en op ons eie deur die wonderlike land te reis.

“Ons het toe ook sommer ʼn klein fliek oor ons reis gemaak om ons vriende te wys hoe wonderlik dit was. Hierdie fliek gaan dus oor ons reis van 18 dae deur Suid-Afrika van Johannesburg tot by die Drakensberge. Ons het ook ʼn draai deur Lesotho, “die koninkryk in die lug”, gemaak,” skryf Verpasien en Bachelor by die video.

Sekere dele van Suid-Afrika is nie veilig nie; niemand kan hierdie feit betwis nie, maar baie mense laat die slegte dele die reputasie van die hele land as toerismebestemming negatief aantas. Dit is presies waarom Verpasien en Bachelor hul reis verfilm het: om ander toeriste aan te moedig om dinge vir hulleself te kom sien en nie toe te laat dat vrees hul indruk van ʼn land en sy mense oorheers nie.

Kyk na die pragtige video hieronder:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Derek ·

Uhmm, read the story again, nobody got raped or mugged, so yes, it was only fun and games. Luckily you get to see the video without leaving your computer in your barricaded and locked room.

Afrikaanse Knaap ·

As ons net die 3% van ons gemeenskap wat krimineel is van die straat kan afkry, sal SA veilig wees.
Ons grootste probleem is dat dieselfde kriminele oor en oor en oor dieselfde misdaad pleeg.
Sindikate word nie uitgeroei nie. Bevoegde personeel word uitgewerk.
SA kan so lekker plek wees, ons “leiers” moet net hulle hande uit ons sake haal.

JD ·

Dankie Michel en Paulien! Watter voorreg om ons pragtige land en Lesotho deur julle oë te sien.

Blom ·

Die kriminele was nie daar waar hulle was nie.. hulle is hier opi Rand..dit lyk idillies mooi met ‘n drone geneem. Bly hulle het g’n misdaad ondervind nie…

O my word ·

Almal moet altyd so negatief wees! Ek dink hul het iets moois gewys van ons pragtige land. Orals is misdaad, ons lees dit net nie elke dag soos die nuus in jou eie land nie! As ons soos kluisenaars leef gaan mens alles in die lewe mis! Ek se nie loop blindelings rond nie maar haal eerder die goeie uit al die sleg uit! Ek is bly hul het geen misdaad gesien nie!

Melanie ·

Ons land is so mooi maar almal maak dit lelik met hulle negatiwiteit.. dink julle daar is nie oorsee misdaad nie? Dink weer dis oral!!

Melanie ·

Julle wat so kla is meer as welkom om die land te verlaat dan is daar meer werk vir ons wat hier wil bly. Snaaks dat daar al TV kanale is vir die oorsee se misdaad neh…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.