Video: Motorfietsryer se goeie daad

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Motorfietsryer wat gesien het hoe ʼn passasier die bus verpas, het vinnig sy hulp aangebied.

“Ek het gestop en wou by hom weet of hy ʼn rygeleentheid na die volgende bushalte wou hê,” het die gebruiker, anothergxg, onderaan die video geskryf. Maar die twee mis die bus ook by die tweede halte!

Hy sê die volgende bus sou eers weer oor ʼn uur opgedaag het.

Die video is in Brasov, Roemenië, verfilm en word met vergunning op Maroela Media gepubliseer. Die motorfiets is ʼn 2002 Honda Silverwing 600cc.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.