[Video] ʼn Hond se beste vriend

n-Hond-se-beste-vriend

‘n Skermskoot uit die video.

‘n Man van Centurion wat dit sélf glad nie breed het nie en in ‘n lendelam plakkershut bly, deel elke dag sy karige bord kos met minstens nege honde wat hy versorg.

  • Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. eNuus word elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

hb ·

So bly vir ou July en sy hondjies…….. Ek het in Mei hierdie jaar n brief aan CENTURION REKORD gestuur om almal bewus te maak van sy situasie en die feit dat die stukkie grond in Eldoraigne waarop hy bly verbou gaan word en dat hy dus nou telke male deur die metro raad en polisie geteister word om van die grond verwyder te word. CENTURION REKORD het seker nie gedink dis belangrik genoeg om die storie te publiseer en vir July te help nie.

Anoniem ·

Dankie vir mense soos Baloyi. Die honde is in die sewende hemel en ek waarborg dat hulle hom sal bewaar van uitvaagsels.

alida ·

Kan iemand nie by ‘n Supermark ‘n mandjie neersit vir skenkings nie. Hondekos is baie duur.

Stuart ·

Die HEEL belangrikste is dat iemand (veeartse, kom, wys jul gee om!) die honde almal gratis sal steriliseer! Mooi so Baloyi, jy sal op baie maniere wat jy nie gedink het kan gebeur nie, geseen word!

Nina ·

Flip weet….daar is letterlik HONDERDE blankes wat dag na dag na dag honde red. Maar dis nie belangrik genoeg nie? Is dit agv hul velkleur?

Annetjie ·

Nina ek glo nie dis waaroor dit gaan nie, dis omdat hy skaars vir homself kan sorg en hy deel wat hy het met sy honde. Ek dink hy is n baie goeie mens om dit te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.