Video: ‘n Paar wenke vir die eindeksamen

Mila Guy. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Mila Guy. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Die bekende aktrise Mila Guy deel in dié video ‘n paar goeie wenke met matrikulante wat dalk met die eindeksamen se leerwerk spook.

Sy sê jy moenie tyd mors om jou notas mooi te maak nie, want dit gaan jou nie help om deur te kom nie. “Gaan leer by ʼn lekker zen-plekkie in jou kamer (nie naby ‘n radio of televisie nie).” Sy reken jy moet ook snoepgoed en water byderhand hou en jy kan jou werk selfs met ‘n vreemde aksent probeer aanleer! Maak dit lekker vir jouself! Hou moed, jy het dit!

Dié video is deel van ‘n reeks om matrikulante aan te moedig en te motiveer tydens die eindeksamen.

Terloops, om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word. “Maroela Matrieks” is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.