“Ek moet fokus op dit wat ek het, nie op dit wat ek nie het nie.” Die negejarige Ezra Frech beskou homself as ʼn atleet, en nie iemand wat gestremd is nie.
Ezra, van Los Angeles in Amerika, praat gereeld by skole en bring ʼn boodskap aan kinders, “Dis oukei om anders te wees”.
Hy is al die afgelope agt jaar die inspirasie vir Team Ezra, ʼn veldtog wat reeds meer as $400 000 vir nie-winsgewende organisasies wat persone met fisiese gestremdhede ondersteun, ingesamel het.
Hy was ook een van die tydskrif, Sports Illustrated, se sportkinders van die jaar. Kyk gerus na sy onderhoud op die televisieprogram Ellen onderaan die berig.
As jy soms bietjie aanmoediging nodig het, is hierdie video vir jou bedoel.
Besoek Ezra se webwerf of lees meer op sy Facebook-blad.
…. Wow…! Wat ‘n inspirasie. Buiten gewone talente. Hy gaan nog hemel hoë hoogtes bereik.
…. Wow…! Wat ‘n inspirasie. Buiten gewone talente. Hy gaan nog hemel hoë hoogtes bereik.
Wat n ongelooflike deursettings vermoe wat die seun oor beskik. Wel gedaan jongman.