Video: Nuwe blommeskatkis vir Kaapstad

Foto ter illustrasie. (Foto:
Annie Spratt/Unsplash)

Eienaars en werkers in die plaaslike blommebedryf floreer weer. ʼn Nuwe blommemark het sy deure in Kaapstad geopen, met blomme van reg oor die wêreld wat direk aan grootmaatkopers en die publiek verkoop word.

Van bloemiste en beplanners vir geleenthede, daar is iets vir almal by hierdie blommemark.

Sylvia Bösinger, eienaar van die blommemark, sê die blommedryf het wêreldwyd weens die Covid-19-pandemie se inperkingsmaatreëls in duie gestort.

Sy glo egter blomme is essensiële produkte wat nie net ʼn mens gemoed nie, maar ook jou algehele welstand in ʼn ommesientjie kan opkikker.

Bösinger en haar dogter is trots daarop om Afrika se blomme aan die wêreld bekend te stel, terwyl hulle ook internasionale blommeprag vir Suid-Afrika se verbruikers invoer.

Die nuwe blommemark beloof om nie net ʼn huppel in elke blomliefhebber se stap te sit nie, maar verskaf ook talle nuwe werksgeleenthede in die stad.

  • Die insetsel is deur Tanya Nefdt van eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19:00.

Kyk die video oor die mark hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kompas ·

Ek ondersteun eerder Suid-Afrikaanse blomplase as iemand wat blomme invoer van ander lande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.