Video: Pa, ek is hier vir jou

Skermgreep uit die video

ʼn Hartroerende advertensie van ʼn seun wat vir sy pa sorg word weer wyd op sosiale media versprei. Die advertensie, vir Gillette, is aanvanklik in 2017 vrygestel.

Dis ʼn klassieke verhaal van Kristian Rex, ʼn man van New Jersey, wat na sy pa moet omsien. Sy pa het ʼn beroerte gehad en kan meeste van sy daaglikse take nie self hanteer nie. Kristian is gewillig om hom te help – selfs om sy baard te skeer. Hy vertel dis vir hom ʼn voorreg, omdat sy pa hom gehelp het toe hy klein was.

Die video wys die intieme oomblikke tussen pa en seun met tonele wat bekend sal wees vir enigiemand met bejaarde of sieklike ouers.

Die advertensie is aanvanklik gebruik om Gillette se “TREO” bekend te stel, die eerste skeermes ooit wat spesiaal ontwerp is vir versorgers wat iemand anders moet skeer.

Die advertensie is met verskeie toekennings bekroon.

Agentskap: Grey New York
Kliënt: Gillette
Veldtog: Handle with Care

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ekke ·

Trane in my oë. Wens die kinders wil hul ouers waardeer en omsien na hulle. Ek sien ook om na my Pa en my Pa voel so sleg dat hy nie meer alles kan doen nie. En dan herhinner ek my pa dat hy het vir jare vir ons kinders gewerk en omgesien na ons. Nou is dit my beurt. En dis ‘n groot voorreg vir my om na my Pa om te sien.

pa se kind ·

‘n Mens sal sowaar nooit jammer wees wat ‘n mens ook al vir jou ouers gedoen het nie.

Snowball ·

Hartroerend mooi! Hê jou ouers lief terwyl hulle nog op aarde is, daar is so baie eensame, vergete bejaardes wat nooit meer hulle kinders sien nie.

Lenel ·

Wat n mooi filmpie. Wat n voorreg om iets vir jou ouers terug te kan doen. Hulle het hulle hande stompies gewerk om vir ons te voorsien. My ouers is albei al oorlede maar ek wens nog elke dag dat ek net nog n dag kon hê om hulle nog een keer te kon vertroetel. Gelukkig kon ek tot die einde vir albei ietsie terug gee vir die baie wat ek van alles van hule ontvang het in oorvloed.

Hannelie Horn ·

Dis so mooi…..na my pa se beroerte moes ek hom ook help, selfs was, hom help aantrek. Sy kos klein gesny, soms met trane in my oë na hom gekyk….Maar ek het dit met liefde gedoen….en sou dit nog aanhou doen….as hy net nog by ons was. Kinders moet hul ouers waardeer.

Wilma ·

Sou baie graag dai man wou help om sy pa te versorg
. Het my moeder versorg maar sy 10jaar oorlede al. Die bevoorregtes wie nog ouers het wees lief vi hullle.

Anoniem ·

Dit is so mooi, ja en ook ‘n voorreg !! Ouers is die beste op AARDE ♥♥

Pieter.J.R ·

Outehuis is nie n oplossing nie, want hulle kon my in n kinderhuis gesit het. Ons is dit aan ons ouers verskuldig om na hulle om te sien, ons moet soos ouers vir hulle word. Myne is nie meer hier nie maar ons lag nog elke dag vir die plesir wat hulle in my huis ingebring het. Ons kinders het hulle Groot ouers nodig

JAN ·

Die krisis van mediese versekering is die tyd van die Hospitaalplan tot die graf.
Want eensaamheid is veel erger as die dood.
Wanneer daar nie meer trane is nie en sadisme wreedheid meer die reel as die uitsondering is. Hmm?

Ja ·

Dis mos ‘n advertensie duisend! Inhoud; ware storie van respek LIEFDE onbeskryflik en
heel laaste
die klimaks doel (?%veiliger skeermes)
Soms wonder ek oor somige gemors advertensies.

Wow ·

Wat n ongelooflike treffende advertensie! Ek versorg my pa en min mense verstaan die hegte band wat jy met n ouer in sulke tyd vorm, kwaliteit tyd! Liefde respek en omgee is al wat hulle op hul gelukkigste hou!

Maria ·

Nou bars ek in die trane in kantoor
Dankie baie baie mooi advertensie en video
Baie van ou mense word verwerp deur hulle eie bloed kinders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.