[Video] Pa se reaksie roer harte toe hy eerste keer kleur sien

‘n Skermskoot uit die video

Die meeste van ons maak onsself dikwels daaraan skuldig om die lewe en al die elemente daarvan as vanselfsprekend te aanvaar. Tóg is so baie mense wat daagliks saam met ons leef, se grootste begeerte om nét te kan sien of te kan proe of te kan loop.

ʼn Video van ʼn man wat glo vir die eerste keer in sy lewe kleur sien, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.

Volgens The Mirror is dié man as William Reed geïdentifiseer. Reed is glo ʼn 66-jarige liggaamsbouer wat sedert geboorte kleurblind is. Volgens dié artikel het Reed se hele gesin bygedra om vir hom ʼn spesiale EnChroma-bril vir sy 66ste verjaarsdag te koop.

In die video kan gesien word hoe ʼn ooglopend emosionele William verstom staan voor hy sy hand op sy mond sit en dan opgewonde op en af trippel. Hy kyk dan in vervoering na alles rondom hom.

“Nou kan jy ook sien wat ons sien,” sê ʼn vrouestem in die video.

“Dit lyk nie meer soos modder nie,” laat William dan hoor. “Ek het dit nog nooit gesien nie. Die bome lyk nie eens eg nie – dit lyk driedimensioneel.”

Die video is op 16 September op YouTube gelaai en is reeds meer as een miljoen keer gekyk. Dieselfde video wat op Facebook gedeel is, is 147 miljoen keer op dié platform gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

suzette ·

O my word! Nou is ek in trane! Ons het soveel om voor dankbaar te wees. Awesome!

Chantel ·

Ons het soooo baie om voor dankbaar te wees. Ek het nou n knop in my keel. ;)

Oorstelp ·

Hy kon nie ‘n groter geskenk gekry het. ‘n Geskenk wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Wys ook die vooruitgang op tegniese-/wetenskap gebied.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.