[Video] Pa’s agter tralies sien kinders vir die eerste keer

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van pa’s wat tronkstraf uitdien en vir die eerste keer hul kinders sien, is ʼn bewys dat elke kind ʼn pa se liefde en aanraking benodig en selfs geharde misdadigers se harte kan sag raak met ʼn liefdevolle omhelsing.

Scottie Barns, wie se pa, ʼn veroordeelde dwelmhandelaar, die meeste van sy lewe agter tralies deurgebring het, weet hoe dit voel om nooit te hoor hoe jou pa sê, “Ek is lief vir jou nie”. Sy het ʼn tronkbediening begin genaamd, “One day with God,” waar kinders ʼn dag lank saam met hul pa’s in die tronk kan spandeer.

Die verslaggewer vra aan Scottie: “Waarom moet hierdie veroordeelde moordenaars en oortreders die voorreg hê om hul kinders te sien?” Waarop Scottie daarop wys dit is die kinders wat eintlik die slagoffers is – dit is een ding om ʼn ouer te straf, maar die kinders verdien nie om te betaal vir die sondes van hul vaders nie.

Van die kinders het nog slegs telefonies of skriftelik met hul pa’s gekommunikeer, en hulle het mekaar nog nooit vantevore gesien nie, of baie lank gelede gesien.

Dit is duidelik dat van hierdie pa’s probeer om ‘n leeftyd se vaderskap binne een dag probeer inpas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

Nogal vreemd dat sulke mans NOU prober “Pa” wees, en jammer is, en als in een dag wil inpas. Hulle’s nie ‘n pa se gat nie, man. As jy ‘n regte “PA” wou wees, sou jou gekose lewensstyl en aksies jou NIE in die tronk laat beland het nie. Jy het die keuse gemaak deur jou aksies om die risiko te loop om jou familie en gesin vir ‘n lang tyd NIE te sien nie…………moenie nou probeer “slagoffer” speel nie. Scottie? Kom kyk wat in Suid Afrika aangaan…………..ons is besig om te betaal vir die sondes van ons Vaders, tot in die derde geslag. Wat is die voordeel daaraan om daai kids bloot te stel aan ‘n “pa” in die tronk? Nou gaan hulle terug skool toe, en vertel vir almal………en skielik is dit “cool” om ‘n pa in die tronk te hê? Nee wat…..dis ‘n skande, wat vooraf gegaan is deur ‘n keuse.

Dave Potgieter ·

Dit gaan nie oor ‘Pa’ wees nie maar oor ‘kind’ wees! Die pa’s is besig om die prys vir hulle misdaad te betaal, herinner my dan net, waaraan is die kinders skuldig bevind? Ek dink dit is ‘n wonderlike initiatief om die familie bymekaar te bring. Hou so aan dit is wonderlik vir die kinders.

Carina ·

Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi. Dis net God se genade dat baie van ons nie dieselfde of erger paaie moes loop nie.

Eish! ·

Dit is mooi. Kom ons sien dit so, maak die Pa se straf dalk net groter.
Hy het vergeet of ignoreer die feit dat hy kids het. Nou word hy herinner en berou sy sondes dalk net nog meer.
So sy straf kan harder word.
En die kids wen darem deur ek het ‘n pa en het my pa gesien.

Winston ·

Johan ek stem gedeeltelik met jou saam. Lees die ander kommentaar en probeer vir n oomblik apaties wees. Dis n moeilike een die. Dalk is dit n toetslopie wat kan werk in die toekoms. Sal graag dieselfde gesinne oor 5 jaar wil sien om te weet wat gebeur het na die pa vry gelaat was.

johan ·

dit is so hartseer , almal verdien n tweede kans in die lewe…..

Peet Schabort ·

‘n Video wat ook tuishoort op die regte plekke in ons land.
Ek sou egter sê dat dit ook ‘n plek het in skole onder kinders wat besig is om die pad byster te raak. Wie weet, dalk kan dit net een misdadiger minder maak.

Sam ·

Sjoe, my hart is so seer vir die kinders. Daardie mans is almal besig om hulle straf uit te dien. Waarom oordeel mense so hard oor ander mense. Daar is soveel mense daar buite wat NIE in die trunk is nie omdat hulle net nie gevang is nie. Kyk hoe vertel daardie mans hulle kinders dis nie sy kind se skuld nie, maar hulle wil ook nie he daardie kind moet dieselfde foute maak nie. KYK gerus na julle harte en houdings. NET ‘n voorbeeld. As een ou straf uit deel omdat hy gesteel het wie is jy wat skelm fotostate maak by jou werk? STEEL bly steel. Die mense wat so HARD staan en oordeel, is jou lewe so vlekkeloos? Weet jy hoe dit voel om nie rekeninge te KAN betaal een maand nie? Vra liewer hoe kan ek help om ‘n ou in die tronk se lewe BETER te maak, sodat hy eendag ander se lewens ook kan verryk. Of is daar ‘n kind in jou kind se klas wat dalk in daardie posisie is , gaan wees dan daardie substitute ma/pa in daai kind se lewe. MAAK ‘n verskil in ‘n lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.