[Video] Polisieman deel kos met hawelose

Foto: Facebook

Foto: Facebook

‘n Polisieman het oornag ‘n Internetsensasie geword nadat ‘n foto van hom wat sy middagete met ‘n hawelose vrou deel groot reaksie op sosiale media uitgelok het.

Konstabel Laeeq Engelbrecht van die Kraaifontein-polisiekantoor is oorbluf want hy glo dit is bloot sy plig om sy medemens te help.

  • Die insetsel is deur eNuus vervaardig. eNuus is elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Arizona ·

So bly om te sien daar is nog mense soos hierdie Konstabel daar buite. In Johannesburg probeer n groep van ons (seker so 15 mense) om die ou mensies op straat kos te gee daar is so baie van hulle en te min kos. Aan die einde van die aand is jou hart so seer oor die mensies by wie jy nie kon uit kom nie. As ons elkeen net ietsie vir die ou mensies doen sal dit n groot verskil maak. Ek praat glad nie van die jonges wat op straat staan en bedel wat nog sterk en gesond is om werk te kan verrig nie, ek praat spesifiek van hierdie ou weerlose mensies my moeder is self 78 en dit voel of ek kan nie genoeg vir haar doen nie. Sy verdien so baie maar vra so min

POP ·

n KONSTABEL deel sy kos. Waar is die Stasie bevelvoerder en die ander hoë range? HULLE verdien lag lag dubbel die konstabel se salaris!! Mooi so Konstabel Engelbrecht!! Mag jy die volgende hoof van die Polisie word!! Jou hart is reg

pop ·

Ek is ook tog n pop, maar met klein letters. Die Kaap se mense is net wonderlik. EK VERLANG!!!!

Leonie ·

Dis die beste storie wat ek in ‘n lang ruk gelees het. Jy is ‘n goeie mens Konstabel Engelbrecht! Mooi so. Dis wat polisie beamptes moet doen, hulle medemens bystaan! Jy is awesome!!!

Shannon ·

So dankbaar dat daar `n fotograaf teenwoordig was.. anders was die hawelose aan haar hare weggesleep.
Of nee wag .. dit maak mos ook nie meer saak nie.

Gjorg ·

Huh? Van waar gehasie? Is jy o.k? Moet ek iemand vir jou bel?

sharon ·

Dis die gebaar van iemand wat omgee. Dit is nie net die man in blou wat moet uitryk nie maar die hele gemeentskap. Hoeveel van ons stap nie elke dag verby so n persoon of verjaag so n persoon net omdat ons voel dat ons verhewe bo so n persoon wat in nood is nie. Kom Suid Afrika laat ons ook uit ryk en ons mede mens help en so misdaad voorkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.