[Video] Pta-skool hou 70 jaar-reünie

Dr. Edwards (hoof van Affies), Jan Loubser, prof. Chris van Schalkwyk, dr. Johannes Loubser, Izak Murray en Franz von Reiche (Foto: Verskaf)

Vyf mans wat net ná die Tweede Wêreldoorlog in 1947 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in Pretoria gematrikuleer het, het Vrydag ʼn eerste in sy soort vir dié skool gehou – ʼn 70 jaar-skoolreünie.

Dirk Taljard, Affies-woordvoerder, sê die mans het Vrydagoggend die leerders se saalbyeenkoms bygewoon waar Franz von Reich, een van die oudleerders, meer vertel het oor hul skooljare tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Die vyf mans het ook deur die gange van dié skool gestap en staaltjies van hul kinderjare met leerders en lede van die Oud-Affiebond gedeel.

“Dit is ʼn groot eer om ons oudleerders te kan vereer. Daar is die liefde [vir die skool], want hulle het ʼn eersteklas-onderrig gekry. Affies leer sy leerders daar word in die lewe baie aan jou gegee, maar jy as mens het dan ’n verpligting teenoor die samelewing om terug gee,” het dr. Pierre Edwards, hoof van Affies, aan eNuus gesê.

Dr. Loubie Loubser, ook een van die oudstudente, sê dit is belangrik om studente te bemagtig. “Bemagtiging is vir my ʼn baie groot woord – ek wil hê die seuns moet bemagtig word om Suid-Afrika te laat werk,” sê hy.

Sommige van die oudstudente kon om “mediese redes” nie die reünie bywoon nie.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk na eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Natasha ·

Sjoe! Hulle is amper so oud soos water! Wel gedaan (geleef) Menere!

Jane ·

Beste skool ever, ek kan net goedpraat van die skool. Goeie waardes, baie goeie onderwysers, goeie dissipline en onderrig. My seun was self daar, hy is ‘n trotse Oud Affie. BAIE GELUK!!

CK ·

Dr Loubie het in die vroeë 90’s ‘n kliniek gehad by die oud HF Verwoerd hospitaal. Ek het toe saam met hom gewerk. Merkwaardige man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.