[Video] Rugbyseuns se danspassies bring hoop

Foto: Verskaf

Leerlinge van die Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley het sosiale media aan die gons met ʼn video wat hul dansvernuf ten toon stel.

In die video vorm ʼn klompie graad 11 en 12 seuns ʼn kring, terwyl elkeen ʼn kans kry om sy danspassies in die middel van die kring te wys. Elkeen word aangemoedig om te dans en hulle juig hard wanneer elke passie uitgevoer word. Maar dit is veral wanneer die skool se hoofseun sy staal wys, dat die kinders van lekkerte gil.

Volgens Gerrit Myburgh, bemarkingsbestuurder en sportsafrigter van Hoërskool Noord-Kaap, is die groep seuns spelers van die eerste en tweede rugbyspanne.

“Ons het ʼn wedstryd in Bloemfontein gespeel en ons het vir die bus gewag om ons terug Kimberley toe te vat, toe die seuns begin dans het,” sê Myburgh.

Volgens dié afrigter is hierdie soort pret niks nuuts vir die klomp seuns nie, aangesien hulle baie goed oor die weg kom.

“Die klomp het gereeld pret, maar ek dink dit kom van ons oefenkampe af, waar hulle ook sulke dinge moes doen. Hulle is vreeslik na aanmekaar”.

Die video, wat al meer as 180 000 keer gekyk is, het baie positiewe kommentaar uit verskeie oorde gelok.

“Dit is hoe Suid-Afrika se toekoms lyk, trots Suid-Afrikaans,” skryf Bronwyn Hassan.

“Hierdie video het my dag gemaak!” sê Harriet Nemahen.

Met oor die 200 kommentare het die video verskeie mense laat glimlag. Daar was selfs ʼn persoon wat aangebied het om middagete vir die hele span te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

madels ·

Sommer sit ek hier met trane in my oe… so n mooi video, dankie Maroela Media, dit het my hart warm laat klop om die klomp so saam te sien mekaar se dans passies geniet

Ange ·

Dis inderdaad goed om te sien die kinders is sulke goeie spanmaats maar die feit dat hulle “danspassies hoop bring” laat my besef hoe erg ons tragedie van n verhaal eintlik is- ons word so gepeper met negatiewe nuus elke dag dat ons al in n ontvoering raak oor n klompie seuns wat dans?

Ek sal meer positief wees wanneer elke goeie burger in die land hande vat en saam bid, Parlement toe stap en beheer van die land vat. Hierdie is die gevaarlikste government ooit- gevaarliker as selfs Britse onderdrukking. Dis n regering wat elke wit, bruin en swart mens onderdruk, rasse haat aan hits sodat die meerderheid so gefokus is op “white oppression” dat hulle nie raaksien dat ons almal se regte word op getrap nie. Ons word stelselmatig almal gekreupel met liberale indoktrinasie todat niemand kan terugbaklei nie en almal staar hulle te blind aan irrelevante dinge wat deur die liberale media opgeblaas word.

Hierdie wit teen swart, swart teen wit denkwyse moet stop. Hierdie is n goed teen kwaad situasie en die kwaad loop myle voor want bittermin weet waar die wortel van die kwaad rerig le. Jy moet dieper grou as ons korrupte puppet regering.

Word wakker reenboog nasie.

Amiwey ·

“Dit is hoe Suid-Afrika se toekom lyk”? Wat ‘n blatante pot snert! Suid Afrika is in vir ‘n moeilike tyd maar daar is “lig” aan die einde van daai “donker” tonnel. Die nasies sal weer apart wees soos dit hoort. Soos wat Vader dit bedoel en ingestel het. Die wat nie daarvan hou nie moet maar solank hul tassies pak.

Pieter ·

Jy sit die pot ver mis, geen mens is beter as ‘n ander nie en al hoe ons hierdie land sal maak werk is wit en swart saam!! Oppas, hoogmoed bring ‘n mens tot ‘n val, God onderskei nie tussen mense op grond van hulle velkleur nie, die gaan dieper as dit!! Asb raak swartgallig op ‘n ander plek!!!

Amanda ·

Dit was nou so lekker om te kyk – skreeusnaaks hoe die mannetjies hulle tyd omkry terwyl hulle wag vir ‘n bus. Dis hoe dit hoort, jong mense wat saam kuier en duidelik vriende is, ongeag van kleur of status.

Zane ·

Mooi man! So bou mens n goeie nasie! Vol liefde, respek en eensgesindheid! DIT is God se plan vir AL Sy kinders!

Jackie ·

Wow. Hoe klop my hart van trots. My seun ook in Noord Kaap en kan sê Ons is trots GROEN.

janee ·

Die probleem lê nie by ons hardwerkende landsburgers (wit /swart) nie .
Ons het geen probleem met mekaar nie …dit is die politic wat met ons mense se geluk en lewens dobbel vir eie-mag. Dankie aan die jongens wat maar net onskuldig die lewe geniet.

HOPE ·

Dit is wonderlik, en ek gaan nie galbraak nie, ek gaan net vra, as ‘n danspassie mense hoop gee, wonder ek hoe laag teen die afgrond is ons regtig al. Vandag dans almal saam . net soos met die wereldrugby, more vernietig ons mekaar weer, nee ou PIETER dit bly ‘n droom, daarvoor sal die politici sorg. Ek het ook ‘n reg op my mening soos julle op julle s’n het, die aksie, dansie, samesyn is pragtig, maar regtig dit is ‘n uitsondering op die reël, more dreig en vloek dieselfde mense mekaar weer op Facebook. Eks ‘n realis.

Niccy ·

Baie mooi manne! Netso ‘janee’ ek stem saam met jou. Hier waar die tekkie die teer slaan is dit wonderlik dat swart en wit lekker saam werk. Mens moet respek vir mekaar se kulture hê en daaroor onderlings praat. Dit help nie om kleur voor te gooi nie, ons het almal foute en ook almal probeme en einas. Ongelukkig maak een vrot aartappel in die sakkie naderhand die hele sak vrot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.