Atlete van die Suid-Afrikaanse orgaanoorplantingspan het met 84 medaljes vroeër vandeesmaand uit Argentinië teruggekeer.
Die spele is vir atlete wat ernstige orgaanoorplantings gehad het en vind tweejaarliks plaas. Die meeste van die atlete in vanjaar se span was nie aktief voor hul oorplantings nie, maar verspeel deesdae nie meer hul kans op ʼn tweede lewe nie.
- Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Weet ons ‘normale’ mense wat ons het aangaande ons gesondheid ?
Ek twyfel of ons dankbaar genoeg is of kan wees.
Kyk ook op die internet na die sprankelvrou Janike Venter-Kleinhans se lewe en prestasies. Werklik ‘n riem onder die hart om die minste daarvan te sê.
Hul presteer BAIE beter as non-gestremdes. Hoekom wonder mens? Meer vasberade? Waardeer meer elke ding wat hul het wat wel “werk” en dus gee hul ALLES? ek dink die “gewone” atlete kan gerus by hul gaan kers opsteek