Video: Sakeboek in braille gepubliseer

Foto: Skermskoot uit video

Foto: Skermskoot uit video

Die erepresident van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes sê dit is ’n skande dat so min sakeboeke in braille gepubliseer word.

William Rowland was die gasspreker by die bekendstelling van die braille-vertaling van ’n boek oor leierskap onlangs in Stellenbosch.

“Ek het al heelwat akademiese boeke in braille gelees, maar nog nie ’n sakeboek nie,” het hy gesê. “In die eeu van motivering en selfhelp is dit ’n goeie ding dat ’n boek oor leierskap nou in braille beskikbaar is.”

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Blindes se webtuiste is 7,5% van alle Suid-Afrikaners gestremd. Blindheid is die gestremdheid wat die meeste voorkom onder Suid-Afrikaners. Soveel as 11% van alle persone ouer as vyf jaar het sigprobleme. Hierdie data is ingesamel tydens die 2011 nasionale sensusopname.

Die tweede grootste oorsaak van blindheid ter wêreld is sigprobleme wat nie behandel word nie.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.