[Video] Seun wat in buiteland woon verras bejaarde pa

Oupa Mac, Kenneth en Daylon (Foto: Verskaf)

ʼn Video van ʼn oupa van Nelspruit in Mpumalanga wat verras word deur sy seun wat hy oomblikke tevore op Skype wou kontak, roer die hartsnare op sosiale media.

Michelle Cheyne van Nelspruit het Woensdag aan Maroela Media vertel die familie het onlangs gekonkel om haar oupa, Mac McDonald, op sy 80ste verjaardag te verras deur sy seun, Kenneth, wat al vir meer as 16 jaar in Australië woon, te laat kom kuier.

Kenneth en sy gesin kom gewoonlik elke tweede of derde jaar Suid-Afrika toe om vir hulle familie te kom kuier, en was verlede jaar tydens Kersfees in Suid-Afrika.

Cheyne vertel egter almal was onder die indruk dat hulle eers weer in 2019 sou kom kuier en daarom was haar oupa baie verras deur die besoek.

“Hy het strak na hulle sit en kyk. Die uitdrukking op sy gesig was wonderlik om te beleef – hy kon nie glo wat hy sien nie, hy wou hulle dan nog enkele oomblikke vantevore op Skype kontak. Dit was die uitdrukking van ʼn pa wat régtig na sy seun verlang,” vertel sy.

Kenneth en sy vrou het oorspronklik na Australië verhuis omdat sy vrou ʼn goeie pos by ʼn hospitaal in dié land gekry het. Hulle het intussen ook ʼn seun, Daylon, gekry. Daylon sien sy oupa en Suid-Afrikaanse familie net tydens die gereelde besoeke.

Cheyne sê Mac het ʼn “moeilike jaar agter die rug” omdat hy in en uit die hospitaal was. Daarom het die familie besluit dat Kenneth tuis moet kom kuier. Mac, wat Saterdag 80 jaar oud word, gaan ook dié week vir die eerste keer in vyf jaar al sy kinders onder dieselfde dak hê. Sy vertel hy het sy kinders alleen grootgemaak nadat sy vrou op ʼn jong ouderdom oorlede is.

“Dit gaan vir hom wonderlik wees om almal weer onder een dak te hê. Oupa Mac en Kenneth hou nie vir een oomblik op gesels nie, dis wonderlik om hom so gelukkig te sien,” sê sy.

Die familie beplan nóg ʼn groot verrassing vir oupa Mac, maar dit nog nie in dié stadium bekendgemaak nie.

Kenneth en Daylon vertrek weer op 31 Oktober na Australië.

Doodgewone Saterdag vir Oupa, wag vir die regte tyd om soos elke ander Saterdag vir Kenneth Macdonald te skype en op te vang. Min weetend ons loop al weke met die geheim dat die Saterdag n ongewone dag sal wees.Welkom Kenneth en Daylon van Australia die storie is verseker een vir die boeke..#bestsupriseever!!

Posted by Michelle Cheyne on Sunday, October 22, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Née o maggies, daar is ek in snot en trane.
Kyk net hoe hou die pa die Seun vas! Drie keer wou hy terugtree, dan gryp sy dad hom weer.
Daar is nie woorde vir sulke sielsoomblikke nie!

Blommie ·

Dit is die wonderliks te gevoel wat een mens kan beleef, so ‘n verrassing my jonste seun het dieselfde gedoen toe my oorlede man 60 geword het. Oudste seun het ons vir ‘n ete by ‘n restaurant genooi met ons aankoms was my die jongste seun van die UK ook aan die tafel.

Penellope Jones ·

Het ook n kind wat anderkant die verre waters werk en woon. Terwyl mens hulle gun om erens ‘n goeie bestaan te maak, is dit hartseer dat hulle so bitter ver van die huis af is.
Ek kan my indink hoe hierdie Pa gevoel het om sy seun te sien!

Benito ·

As jy in die buiteland werk en jou familie net een keer ‘n jaar sien….as jy gelukkig is……verstaan jy hierdie ongelooflike eina baaaaaaie beter……..ai !!!

My Opinie ·

Sjoe, ek huil nou sommer van hartseer, en blydskap. Geniet julle kuier saam!

vytjie ·

My Opinie. As die kinders nou hierin kom en my sien huil sal hulle lag. Maar x so bly !!!. dis die GROOTSEverrassing

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.