Video: Singende dokter van SA maak wéér opslae

‘n Skermskoot uit die video.

Die Suid-Afrikaanse dokter wat oornag bekend geraak het as “die singende dokter” roer weer hartsnare.

Die keer is dit ʼn video waarin dr. Ryan Coetzee sy weergawe van Nat King Cole se liedjie “Unforgettable” vir ʼn 10 maande oue baba sing terwyl hy haar bloed trek, wat soos ʼn veldbrand versprei.

Shannon Wemyss het die video op Facebook gedeel en dit is al honderde duisende kere gekyk. Volgens Wemyss huil haar dogtertjie gewoonlik hartverskeurend wanneer daar bloed getrek word, maar dit was nie die keer die geval nie.

“Ek het nog nooit so ʼn dokter ontmoet nie, dis absoluut ongelooflik. Hy het gesorg vir ʼn glimlag op almal se gesigte. Dit is ʼn voorbeeld van waar ʼn werk soveel meer as ʼn tjek aan die einde van die maand is. Hy het ons dag gemaak.”

Good Morning America berig die video is in die Raigmore-hospitaal in Skotland geneem.

Maroela Media het vroeër die jaar ʼn onderhoud met dr. Coetzee gevoer toe hy nog by die Causeway-hospitaal in Ierland gewerk het. Hy het toe oornag ʼn internetsensasie geword nadat hy vir ʼn agtjarige pasiëntjie gesing het.

Coetzee (29) het gesê sang is maar net ʼn deel van sy alledaagse lewe. “Ek was nog altyd ʼn sanger.

“Ek het op hoërskool in die koor gesing en by die kerk gesing en klavier gespeel. En so lank as wat ek kan onthou, sal ek net elke nou en dan begin sing terwyl ek werk of in ʼn winkel loop of iets. Almal wat my ken, weet nou al ek sing sommer enige tyd en enige plek, so dit is nie meer vir hulle vreemd nie!”

Coetzee het sy doktersgraad aan die Universiteit van Pretoria behaal, maar in Februarie vanjaar na Engeland verhuis om nader aan sy familie te wees, voordat hy in April in Ierland begin werk het. Hy vertel hy het alreeds tydens sy jare as intern by die Kalafong- en die Steve Biko-hospitaal vir pasiënte gesing.

“Ek vind dat dit baie help om kinders rustig te maak en hul vertroue te wen. Wanneer hulle in ʼn onaangename plek is waar daar naalde in hulle ingesteek word en hulle nie lekker voel nie, dien dit as goeie afleiding wanneer hierdie lawwe dokter hier voor hul staan en lostrek met die temalied van Frozen!”

This is something so special! My daughter is usually distraught getting bloods done, she has had them done a huge amount of times but never has had a reaction quite like this, not one tear. I have never met a doctor quite like this one, absolutely amazing. He had a smile on everyone’s face. An example of a job being more than a pay check at the end of the month. He has made our day ????For licensing/commercial usage, please contact licensing@rumble.com

Posted by Shannon Wemyss on Friday, November 1, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

D ·

Wonderlik! Jy gebruik jou talent op n baie unieke manier. Baie blessings vir jou dok!

Susna ·

Dankie Ryan Coetzee, so het ons hom leer ken, en kan net se dat daar nog meer van sy soort is. Kan ongelukkig nie se in watter hospitaal ons nog deur hulle behandel word en vinnig herstel nie. Dokter Coetzee is beslis besig om in die buiteland vir homself roem te verwerf.

Jollies ·

Mag daar meer van sy soort wees en sulke opbouende storues vertel word!! Absoluut fantasties!!

Maria ·

Onthou hom was reed vorige berig oor hom ja stem hy is n wonderlik dokter.
Dankie dokter met goeie hart.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.