Die Sinoville-krisissentrum is in sy vyftiende bestaansjaar en het in dié tyd reeds meer as 34 000 slagoffers van misdaad met traumaberading bygestaan. Daar is 40 beraders by die sentrum wat hulle hulp gratis aanbied.
Een van die suksesverhale van die sentrum is dié van Ina Bonnette, die slagoffer van Johan Kotze oftewel “die Modimolle-monster”.
Die sentrum ontvang geen finansiële steun van die staat nie en die gemeenskap help om die deure oop te hou.
Dit is maar net jammer mense in North West kan nie by gestaan word nie, want daar is nie sulke fasiliteite nie. Pa’s wat wegkom- voel jammer vir hulself. Dit is die vrou wat en kinders wat daaronderlei.
Dankie Maroela vir die hoeveelste mooi en positiewe storie die afgelope paar dae. Sinoville ek saluut jul as ‘n gemeenskap!