Video: Sjimpansee in vliegtuig steel harte

mussa-en-anthony.jpg

Anthony Caere en Mussa in die vliegtuig. (Foto: Facebook/Lwiro Primates)

ʼn Video van ʼn skattige babasjimpansee wat tydens ʼn reddingspoging in ʼn ligte vliegtuig reis, het internetgebruikers wêreldwyd aan die koer.

Volgens The Daily Mail is die sjimpansee, Mussa, deur Anthony Caere, die vlieënier van die ligte vliegtuig, in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) uit die visier van stropers gered.

Caere is ʼn vlieënier wat betrokke is by die Virunga Nasionale Park in die DRK en het in samewerking met Lwiro Primates, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om babasjimpansees wat deur stropery wees gelaat is, gehelp om Mussa te red en te rehabiliteer.

Dié organisasie is in Bukavu, die hoofstad van die provinsie Suid-Kivu in die DRK.

Mussa en Caere het goed bevriend geraak tydens hul vlug. In die video kan daar gesien word hoe Mussa afbuk om aan die kontrole te peuter. Hy kom heeltemal ontspanne voor en raak in ʼn stadium op Caere se skoot aan die slaap.

Daar kan ook gesien word hoe Caere met Mussa se hare speel en hom liefderik agter sy kop liggies soen.

Mussa sal by die Lwiro-organisasie aanbly en word tans behandel vir dermparasiete, maar natuurbewaarders sê hy speel en lag sedert hy gered is.

Caere het op Instagram die spanne van die Virunga Nasionale Park en die Lwiro-organisasie geloof vir hul spanwerk. “Die video is baie oulik, maar dit is eintlik hartseer. Hy hoort by sy ma, maar ons is bly ons kon hom ʼn goeie, nuwe huis gee. Dankie aan die hele span. Dít is bewaring!”

Lwiro Primates het op Facebook gesê elke reddingspoging is ʼn poging deur mense van verskeie organisasies om saam te werk om lewens te red. “Reddingspogings ontlok altyd gemengde gevoelens. Mense is bly omdat ons die sjimpansees red, maar ook hartseer omdat dit eintlik hul vryheid en lewe in die natuur aan bande lê.”

Die video is reeds meer as 23 000 keer gedeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

Leonie Bezuidenhout ·

Dagsê Plaasmannetjie

Dankie vir jou kommentaar. Die berig is gewysig.

Groetnis,
Leonie
nms Maroela Media

Yes ·

Nothing more beautiful. Kan jy dink wat in die ou dingetjie se kop moes aangaan? Dankie dat julle so mooi na hom kyk en hom gered het van ‘n wrede dood. Julle doen wonderlike werk .. PRAGTIG, mal oor die video!

Leonie Bezuidenhout ·

Dagsê Hennie

Dankie vir jou kommentaar. Die berig is gewysig.

Groetnis,
Leonie
nms Maroela Media

E.K. die eerste ·

Daar was onlangs op CNN (as ek reg onthou) ‘n berig oor die wenfoto’s van verlede jaar en daar is dit weer ‘n gorilla wat gered is van stropers. Hy sit saam met die swart man (op sy skoot as ek reg onthou!) wat hom gehelp het en die swart man glimlag breed en die gorilla ook. SO menslik en lyk dit regtig of die gorilla ook baie bly is hy is gered.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.