Die Virseker-trust het meer as R1 miljoen aan die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers toegeken. Vier uit tien van die matrieks wat in 2013 wiskunde as skoolvak geneem het, was nie in staat om 30% van die werk te bemeester nie. Juis daarom is wiskunde as skoolvak ʼn fokuspunt vir die Virseker-trust.
“Vir ons is hierdie spesifieke toekenning ʼn belegging. Die opbrengs is egter nie in geldwaarde nie, maar juis in kennistoename onder kinders,” het Dirk Hermann, voorsitter van die Virseker-trust, gesê.
Een van die projekte is ʼn naskoolse wiskundeklub om leerlinge te help om die vak te bemeester.