Video: Skreeusnaakse gr. 8-konsert het sosiale media gaande

Van links: Isabel Prinsloo , Janco Burger , Christof Steenkamp, Amoré Spieker, Stian Burger, Belinda Cronjè, Pieter Willem Esterhuizen (Foto: Skermgreep uit die video)

Die private skool Moria in Outjo in Namibië het op 24 Januarie sy jaarlikse gr.8 -konsert gehou.

ʼn Onderwyser het ʼn video van een van die optredes by die konsert op Facebook gedeel en dit het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Dié video, wat op 27 Januarie op Facebook gelaai is, is sedertdien al meer as 90 000 keer gekyk en meer as 2 000 mense het dit gedeel.

Die toneel beeld ʼn groep vriende uit wat na ʼn fliek kyk. Een seun wil ʼn meisie se aandag trek, en dít lei tot ʼn rimpeleffek van snaakse gebeure.

Jaco Anthonissen en Shané Steenkamp, wat help reël het aan dié konsert, het gesê die konsert was skreeusnaaks.

“Ons het ʼn baie goeie reaksie van die gehoor gekry. Die hele idee van die konsert was dat jy pret moes hê, en dat mense dit moes geniet! Ek dink dit was baie suksesvol, almal het lekker saamgelag,” het Anthonissen aan Maroela Media gesê.

Die gr. 8’s kry ʼn week om vir die konsert voor te berei, en ʼn senior in die skool word aangewys vir elke groep om hulle te help.

Steenkamp was die senior wat die groep in die video gehelp het. Sy sê die groep was baie opgewonde oor die item.

“Ek het so ʼn item op YouTube gesien en het gedink dit sal oulik wees. Ek het net ʼn paar oorspronklike idees bygewerk. Die groep was baie opgewonde daaroor en hulle kon nie wag om dit op te voer nie!” het sy gesê.

Anthonissen sê hulle het nie verwag om so baie aandag op sosiale media te kry nie, maar dat dit goeie blootstelling is vir dié klein skool se gees.

“Dit is eintlik op Facebook gedeel om vir die res van die gemeenskap te wys wat by die konsert gebeur het, maar nou het dit sommer baie meer blootstelling gekry! Ons is maar ʼn klein skool in ʼn klein gemeenskap. So dit is lekker dat so baie mense die video kan sien. Dit maak ons klein skool met ʼn groot hart se hart nog groter,” het hy gesê.

Anthonissen het gesê die skool is van plan om nog van die gr. 8-konsert se video’s op Facebook te laai, en hoop dat mense dit net so goed sal ontvang soos dié een.

Kyk hier na die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

mc ·

Ag dit is net te dierbaar, herinner my aan ons konserte toe ons nog op skool was.

Roni ·

Dit is te kostelik! Welgedaan julle. Dit was nou ‘n lekker lag ?

Estelle ·

Ag heerlike vermaak! Oulike kinders, oulike skool! Dankie vir die deel van die video.

Wow! ·

Skreew snaaks … Well done ! … ek het soooooooo lekker gelag . Uitstekend!

DG ·

Dis kostelik! Daar is beslis n hele paar toekomstige akteurs daar.

TS ·

Lekker gelag . Eks bly om die skoon humor te kan sien . Wel gedaan.

Anli ·

So lekr gelag! Te oulik! Ek deel dit beslis met ons Gr8 okies in Stellenberg Hoërskool!

Ben Visser Vereeniging ·

Baie skerp. Ek het baie musiek operettes, revues en tonele afgerig.
My beste sukses was met Graad 8’s

Lolla ·

Dis nou wat mens noem goeie humor! So onskuldig! Dankie, het dit vreeslik geniet!

Heidi ·

Welgedaan ! Dis skreeusnaaks en tog so alledaags. Ek sien my 2 seuns in daardie ouderdoms groep. Amper vergeet hoe awkward hulle was! Hulle is vandag 2 “gebalanseerde” groot mans wat steeds stuitig kan raak. Dankie tog vir sin vir humor !

Namibia ·

Pro-Ed nogal dieselfde opgevoer met hul graad 8’s. Twee verskillende privaat skole in Namibia met dieselfde idee. Moet die vleis wees wat ons eet en die skoo water wat ons drink. LOL!

Lila ·

Ek gaan dit met die oumense doen vir die jaarlikse ouetehuis konsert…. ;-)

Shawn ·

Dit het my dag gemaaak .Het dit n hele paar keer gekyk baie goed

madels ·

Hilarious!!!!!! Knap gedaan, nou sooo lekker gelag :-) :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.