Video: Tafelberg in geel gehul vir kinders met kanker

Talle fotograwe het hulle foto’s van Tafelberg se goue baadjie vir kinders met kanker gedeel. Hier is John Gale se foto. (Foto: John Gale/Capetownisgold/Instagram.)

Tafelberg is vroeër die week goudgeel belig om hulde te bring aan kinders wat aan kanker ly of al die siekte oorwin het.

ʼn Ma van Kaapstad het dié plaaslike veldtog begin nadat sy gesien het dat iets soortgelyks by verskeie oorsese bakens gedoen is.

Karen van Wyk, die organiseerder van Cape Town is Gold, se ouer suster Annelien is op 16 aan leukemie oorlede.

Nou maak Van Wyk ook haar eie dogter Annabel se stryd teen kanker mee. Annabel is nou nege maande lank kankervry, maar Van Wyk sê ʼn ouer het maar altyd daardie bekommernis van “wat as”. Sy sê dit het haar geleer om elke dag opnuut aan te gryp en soveel as moontlik saam met jou kinders te doen, want die situasie kan in ʼn oogwink verander.

Van Wyk wil ouers daaraan herinner dat die wêreld nie van hulle vergeet het terwyl hulle die pad met hul kinders se kanker saamstap nie.

Dr. Marc Hendricks, ʼn pediatriese onkoloog van die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad, sê daar is steeds baie hoop vir kinders met kanker, veral as dit vroeg genoeg by hulle gediagnoseer word. “Oor die algemeen sal sowat 70% van die kinders wat by ons hospitaal aanmeld, weer gesond terug huis toe kan gaan.”

Dokters, versorgers en ouers van kinders met kanker sê dit was vir hulle ʼn simbool van hoop en ondersteuning in ʼn besonderse moeilike jaar.

  • Die insetsel is deur Nadine Theron en eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19:00.

Kom loer hier op Instagram na foto’s van Tafelberg se goue baadjie. Kyk die video oor die projek hier:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Dankie en is ook pragtig.

Connie

Baie dankie, God seen al ons kindertjies wat kanker het, en genees hulle asb. Hulle is U kindertjies Amen