Video: Tastrap ‘sonder’ sweet 

baardolie2-Medium.jpg

Foto verskaf deur Helpende Hand

[promosie-artikel]

Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie-faam gaan van 22 tot 27 November ʼn driekamp van 500 km tussen die Koppies- en die Gariepdam in die Vrystaat voltooi. Hy pak hierdie uitdaging, oftewel Tastrap, aan om geld vir Solidariteit Helpende Hand se Skooltassieprojek in te samel.

Hy het by Maroela Media kom kuier en so bietjie gedeel oor hoe hy voorberei het vir hierdie uitmergelende tog. Daar word ook vir hom gevra of hy ooit sy baard sal afskeer, sou dit ondraaglik warm word tydens uitdaging onder die skroeiende Vrystaatse son. Gaan luister gerus wat sy antwoord is op dié vraag.

Hoe kan jy die Tastrapprojek ondersteun?

Ondersteun Meyer gerus met sy Tastrap deur die woord “Tastrap” na 39950 te SMS. ʼn SMS kos R2. Vir meer inligting besoek gerus die webtuiste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.