Video: Toekennings vier trotse Afrikaanse entrepreneurs

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum saam met Marlene Brits en Colette Schultz van Blikit, Alana Bailey, hoof van kultuursake van AfriForum en Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriVriendelik en AfriForum Netwerk. Foto: Okay Deer.

AfriVriendelik en AfriForum het Woensdagaand – tesame met die viering van Internasionale Moedertaaldag jaarliks op 21 Februarie – innoverende Afrikaanse ondernemings tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria beloon.

Die Tinteltong Toekennings is vanjaar vir die vierde keer aangebied en het in 2016 die lig gesien toe slegs vier ondernemings met ’n pakkie in die pos beloon is vir wat hulle vir Afrikaans beteken.

“Die Tinteltong Toekennings word aan ondernemings of mense toegeken wat dienste in Afrikaans lewer of Afrikaans bevorder deur kreatief met die taal om te gaan.

“AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is en daarom wil AfriForum voortgaan om ondernemings wat dienste in Afrikaans aanbied, te beloon. AfriForum hoop dat dié wenners ander ondernemings en mense ook sal aanspoor en besiel om in die taal van hul hart sake te doen,” het Sanderien van der Walt, bestuurder van AfriVriendelik en AfriForum Netwerk, gesê.

Die kategoriebenoemings vir 2020 was soos volg:

Tinteltong Toekenning vir die mooiste Afrikaanse naam:

Tamatiestraat
Dors
Storiemure
Sus & Boet
Wenner: Tamatiestraat

Tinteltong Toekenning vir ’n produk of diens gemik op babas of kinders in Afrikaans:

Woelig
Kleine vlooi
Maaiki
Wenner: Woelig

Tinteltong Toekenning vir ’n kreatiewe slagspreuk in Afrikaans:

Aitsa! {Eenvoudig stylvol}
RUAH {Koester jouself}
Kimono {Leef Kimono}
Sluk jou woorde {Elke sluk vertel ’n storie}
Wenner: Aitsa! {Eenvoudig stylvol}

Tinteltong Toekenning vir goeie diens in Afrikaans:

Kuif & Baard
Petal’je
Berg en Dal-hondeherberg
Wiekus Viljoen privaat juwelier
Wenner: Kuif & Baard

Tinteltong Toekenning vir smullekker kos in Afrikaans:

Michelle se Kombuis
Koöperasie Kroeg & Kos
Pure Plaas Mieliepap
Van der Linde Restaurant
Wenner: Michelle se Kombuis

Tinteltong Toekenning vir maklikste e-kopie in Afrikaans:

Die Swartskaap
Komedie Winkel
Pure Dier
Die Bees
Wenner: Die Swartskaap

Tinteltong Toekenning vir ’n eg Afrikaanse produk:

BLIKIT
Die Timmerman en vroutjie
Griet & Kie
Kant & Krone
Wenner: BLIKIT

Tinteltong Toekenning vir sosiale media wat Afrikaans praat:

Pretpakkie
Flink
Kwikstert
Frambroos
Wenner: Pretpakkie

Tinteltong Toekenning vir die mooiste handelsmerk in Afrikaans:

Opgedollie
Waterbessiebos
Vinkel en Ko.
Hartelief
Wenner: Opgedollie

Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat ’n bydrae tot Afrikaans se voortbestaan lewer:

Protea Boekhuis
Malan Media
NB-Uitgewers
Naledi
Wenner: Protea Boekhuis

Tinteltong Toekenning vir nuweling van die jaar:

Kwikstert

“Ons bedank graag lede van die publiek wat gestem het en herinner mense om oulike ondernemings se besonderhede na [email protected] te stuur sodat hulle vir 2021 se Tinteltong Toekennings in aanmerking kan kom,” het Van der Walt bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.