Video: Troukompetisiewenners se sprokiesbruilof

Jean-Marié en MW Potgieter, die wenpaartjie in Maroela Media se troukompetisie kon op 9 Oktober tydens ʼn sprokiesbruilof uiteindelik aan mekaar trou beloof. (Foto: Maroela Media)

Jean-Marié en MW Potgieter, die wenpaartjie in Maroela Media se troukompetisie kon op 9 Oktober tydens ʼn sprokiesbruilof uiteindelik aan mekaar trou beloof.

Maroela Media se troukompetisie is in 2019 in samewerking met Villa Rosa Wedding Venue en verskeie diensverskaffers in die bedryf aangebied.

Die Potgieters het in 2014 tydens ʼn braai by Jean-Marié se huis ontmoet en in 2016 verloof geraak. Die paartjie het self vir hul troue begin spaar, maar kon byna nie hul ore glo toe hulle as wenners aangewys is nie.

Jean-Marié, ʼn regsadviseur, en MW, ʼn junior konstruksiebestuurder, woon in die Kaap en het geen probleem daarmee gehad om die hele ent na Gauteng vir hul troue te reis nie.

“Dit is ongelooflik dat mense wat ons van geen kant af ken nie, bereid is om hulle harte só oop te maak,” sê hulle.

“Ons het dit al oorweeg om voor die landdros te trou,” vertel hulle, maar Jean-Marié wou nie haar droom laat vaar nie.

Soos die meeste ander meisies het sy ook van ʼn sprokiestroue gedroom en wou graag gehad het dit moes uitwerk.

“Daar is ʼn klein dogtertjie binne elke vrou wat daarvan droom om in ʼn wit rok voor die kansel te staan, en vir jare daarna steeds verby die troufoto’s in die gang te stap met die wete dat dit alles die moeite werd was.”

In die onderste video kan jy ʼn voorsmakie kry van Jean-Marié en MW Potgieter se sprokiesbruilof. Hou sommer die snesies byderhand!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skappie ·

Baie geluk aan julle as die wenners, maar ook geluk met julle groot dag. Mag julle saam ‘n wonderlike tyd he, en al julle drome waar word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.