Video: Voortrekkers klim op Jeugdag Kranskop uit

Foto: Skermskoot uit video.

Foto: Skermskoot uit video.

Jeugdag is vroeër vandeesweek gevier en laerskoolleerlinge en Voortrekkers van die Kranskop-kommando het op dié dag die Kranskop uitgeklim en ʼn Voortrekkervlag gehys om ʼn groter bewustheid van die Voortrekkerbeweging te skep.

Volgens Tjaart du Plessis, die Kranskop-kommandoleier vir die Voortrekkers is hulle tema vir vanjaar “Hier is ons”. “Ek dink nie daar is ʼn beter manier om vir die mense te wys ‘hier is ons’ as om ʼn seremoniële Voortrekkervlag reg langs die N1 op pad Polokwane te hys nie,” het du Plessis aan eNuus gesê.

Hieride insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.