[Video] Vriende ski deur Bloem se strate om reën te vier

Leander Pienaar ski in Bloemfontein se strate (Foto: 'n Skermskoot uit die video)

Leander Pienaar ski in Bloemfontein se strate (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

Reën het al van vroegoggend oor Bloemfontein uitgesak en die strate het behoorlik oorspoel. Niemand het gekla nie – dié stad was immers vir drie jaar kurkdroog. Maar dit is veral Leander Pienaar wat opgewonde was. Dié kleinsake-eienaar maak nou opslae nadat hy met ʼn waterski die nat strate ingevaar het.

ʼn Video van dié kaskenades versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media en is al meer as 18 000 keer gekyk.

Leander, die eienaar van Jetsport in die dorp en ʼn kranige waterskiër, het aan Maroela Media vertel hy wag al ʼn geruime om dié dorp se strate met sy ski in te vaar. Hy meen dit sou ook die perfekte manier wees om die goeie reën wat die stad die afgelope ruk gekry het, te vier.

“Ons was só bly oor die reën en wou dit graag op so ʼn manier vier. Ek het al ʼn ruk gelede opgelet hoe die water by sommige van die strate in Heuweloord opdam, en gedink dit kan lekker wees om daar te ski as dit wel genoeg reën,” vertel hy.

Hy en sy vriend, Charl Trighardt, ʼn plaaslike oogkundige, het toe presies dit gedoen: Leander het sy ski aan Charl se Land Rover gehaak en toe deur die strate, wat enkeldiep in water was, geski.

“Charl was die perfekte man omdat sy visie uitstekend is, hy is immers ʼn oogkundige. En ek kan ski – dis ʼn wenkombinasie. Ek het ook ʼn langer ski van ongeveer 2 m gebruik wat ʼn dikker vin het, so dit was perfek vir die geleentheid.”

Omstanders het dié toneel baie geniet. “Ek kon amper nie konsentreer op waar ek ski nie. Die mense het getoet en gewaai en motorruite afgedraai. Die reaksie was oorweldigend positief.”

Posted by Leander Pienaar on Sunday, February 19, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ArrA's duTwa ·

Waterskiër, Oogkundige ….Nou kort net die para-medisie en ‘n chirurg!

Funny ·

Dit klink nogal funny, soos jy dit stel…… maar ek stem saam met die manne, die water is deesdae verspoelings en diep genoeg vir meer dinge as net deurhardloop! Niks verkeerd met gesonde pret en soos ek kan sien het die 2 eers al die dinge wat verkeerd kan loop deurgekyk!

Ongelooflik lekker ·

Dit lyk ongelooflik lekker en wow wat ‘n positiewe manier om die seen van reën te geniet en waardeer! Leef voluit!!!

TDW ·

Ek is nogal teleurgesteld dat hierdie video nie enuus op kyknet gemaak het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.