Video: Mense is nog inherent goed, wys eksperiment

Foto: Skemskoot uit video.

Foto: Skemskoot uit video.

Ons vertroue in die mens en dat hy inherent goed is, word elke dag getoets. Mens wonder soms of daar nog hoop is vir die samelewing.  ʼn Sosiale eksperiment in Los Angeles, Amerika, het bewys dat daar wel nog hoop is. Nog baie.

“Gee wat jy kan, vat wat jy benodig”.

Só lees ʼn groot swart bord in Union Station, ʼn besige treinstasie in Los Angeles. Daar is ʼn klomp 1 dollar note vasgesteek aan die bord en verbygangers kan na hartelus van die geld vat. Mens sou dink dat die geld binne ʼn paar minute opgeraap sou word, maar die siklus van “vat en gee” het net aangehou. Volgens die Huffington Post het verskeie mense geld aan die bord vasgesteek, sonder om te vat.

Wat bewys dit nou eintlik? Dis seker nie konkrete bewyse nie, maar dit wil tog voorkom of mense nog bereid is om te gee, sonder om iets in ruil te verwag.

Lees die berig op Huffington Post se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pietertjie ·

Ek reken die geld bly op die bord, omdat dit in ‘n openbare plek staan. Plaas die bord bietjie uit die openbare oog en kyk wat gebeur…

Asjas ·

Hierdie eksperiment sal oral in die wereld werk behalwe hier in Zuma se Afrika.

Janine ·

Hemel, hier in SA is jou goed in jou eie huis nie eens veilig nie, wat nog te sê geldjies iewers vasgesteek! Selfs met groentetuine wat geskep word vir verbygangers wat kos nodig het, ruk party die dam onder die eend uit en gaan aan asof hul die enigstes is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.