Vierde been vir ‘driepoot’-kameelperdjie gesoek

Drie Poot word versorg (Foto: verskaf)

ʼn Twee jaar oue kameelperdjie met net drie bene spog hopelik eersdaags met ʼn pasgemaakte vierde prostetiese been.

Munnik Marais, die hoof van die kankervereniging vir diere in Suider-Afrika (Southern Africa Animal Cancer Association of SAACA), het verlede week ʼn projek van stapel gestuur om geld vir dié vierde been in te samel.

Drie Poot het tydens die grendeltyd in ʼn strik getrap en sodoende haar been verloor. Dié kameelperdjie se ma is ongedeerd ná die voorval en spog nou met ʼn week oue babasussie van Drie Poot.

Lizz Meiring dien as SAACA se beskermvrou, en sy het by ʼn byeenkoms vir Marais van Drie Poot vertel. Hy het hom dadelik oor die kameelperdjie ontferm, hoewel die vereniging hom hoofsaaklik op .

SAACA, in samewerking met die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde, het ʼn onkologiesentrum geopen en beoog om navorsing te doen oor kankerbehandeling vir diere wat daarmee gediagnoseer word.

Die doel van die samewerking is om bewusmaking van kankergevalle onder diere te bewerkstellig en mense aan te moedig om kankerbehandeling vir hul diere te oorweeg.

“Wanneer dit by diere kom, wil ek alles weet.”

Drie Poot se beentjies (Foto: verskaf)

Volgens Marais sukkel Drie Poot om selfs net die eenvoudigste dag-tot-dag-oorlewingsaktiwiteite aan te pak. Sy woon tans saam met haar ma en sussie in die Tholo-ekoreservaat by die Carousel-kasinon word versorg deur van die werkers daar.

“Daar word vir haar kos in die bome gehang omdat sy nie op ʼn normale wyse kan eet nie. Sy kan nie reg loop nie, sy kan ook nie afbuk nie.”

Sonder hulp sal Drie Poot nooit ʼn normale lewe kan lei nie.

“Vir my gaan dit oor diere en hul algehele gesondheid. Hierdie kwessie raak my hart. As ons nie iets daaraan doen nie, gaan sy op die ou einde vrek omdat sy niks op ʼn gewone manier kan doen nie.

“Ek het mense begin bel en by ʼn baie oulike man uitgekom wat kan help met prostese.”

Ná ʼn gesprek of twee het die twee diereliefhebbers ʼn bedrag vir die prostese afgespreek.

“Ek het besluit dat ek vir my 30 dae gun om hierdie geld bymekaar te maak. Ons eerste mikpunt is R27 000. Dit sal gebruik word vir die eerste fase van die prostese. Oor ʼn jaar tot 18 maande gaan ons nog ʼn bedrag van R20 000 benodig aangesien sy intussen weer sal groei. Daarna is dit net instandhouding.”

Marais se algehele mikpunt vir die geldinsameling is altesaam R50 000 en hy wil poog om dit voor die einde van Maart in te samel.

“Ons wil seker maak dat ons tot die einde vir haar kan sorg. Ons wil vir haar gaan kuier en in haar mooi ogies kyk.”

  • Om vas te stel waar jy ʼn bydrae tot Drie Poot se vierde been kan maak, besoek gerus die webwerf.

Kyk na Drie Poot die kameelperd hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Grens ·

Maak van hom leeukos, en gebruik die R50 000 vir beter veldbestuur om al die strikke te verwyder, anders gaan daar later nog ander diere met prostese bene rondloop.

piet ·

Beslis ‘n beter opsie behalwe dat ek die kameelperd sou slag en die vleis aan honger mense sou skenk.

Vonkprop ·

Ek wens hierdie mense wat so strikke stel trap in hulle eie strikke.

Helene ·

Dankie aan die betrokkenes om vr Drie Poot n kans te gee. As ek kon, sou ek volle bedrag gegee het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.