‘Vir Altyd’-fliek laat rekords spat

Featured-Vir-Altyd-Ivan-Botha-en-Donnalee-Roberts-02

Donnalee Roberts en Ivan Botha by die fliekpremière. Foto: Esté Meyer-Jansen

Die Afrikaanse avontuurfliek, Vir Altyd, het vandeesweek loket-rekords laat spat nadat dié fliek skoonskip gemaak het tydens ʼn openingsnaweek en alle vorige Afrikaanse flieks oortref het.

Dié fliek, wat vervaardig en geskryf is deur die akteurs Donnalee Roberts en Ivan Botha, bied ʼn nuwe, vars blik op al die verskillende fases waardeur verhoudings beweeg. “Vir Altyd is ʼn avontuur en dit voer kykers mee op ʼn avontuur van al die seisoene van liefde en verhoudings. Die fliek het hárt en mense kan daarby aanklank vind,” het Donnalee en Ivan by die première van Vir Altyd vertel.

Die fliek het tydens die openingsnaweek R4 727 479 verdien en is deur 89 731 mense landswyd gekyk.

Ivan en Donnalee, ook medevervaardigers van die fliek, sê hulle is oorweldig deur die positiewe terugvoer van fliekgangers. “Ons is oneindig dankbaar vir almal se ondersteuning en wonderlike positiewe terugvoer. As fliekvervaardigers is daar geen groter eer as wanneer soveel mense jou vertel dat jou storie en karakters hulle saam laat lag, huil en voel het nie. Vir Altyd is ’n droom waaraan ons al twee jaar lank kliphard werk en dit is ’n voorreg om hierdie avontuur met julle te kan deel.”

Danie Bester, ook medevervaardiger van die fliek, sê dit is ʼn voorreg wanneer gehore hulle met ʼn storie vereenselwig en daarvan hou. “Die grootste kompliment en ook eer vir ’n rolprentmaker is as ’n gehoor na jou werk kom kyk, hulle met jou storie identifiseer en jy die voorreg het om met mense te werk wat jou inspireer. Dit is fantasties.”

Ander bekende akteurs soos Elize Cawood, Wilson Dunster, Illse Roos, Dirk Stoltz, André Stoltz, Nicky de Kock en Hèléne Truter is ook in die fliek te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karma ·

Ag wat, die bohaai wat nou oor dié fliek gemaak word, dink ek, is oordrewe. Die storielyn was vir myy oppervlakkig, die dialoog voorspelbaar en die drama byna nie-bestaande. Ek is bly as daar mense is wat dit geniet het, maar vir my is dit maar net nóg ‘n Afrikaanse fliek wat juis oor die Afrikaansheid daaraan te veel aandag geniet.

Hannelie ·

Ek het Vir Altyd baie geniet. Dit was nie oppervlakkig nie, ook nie voorspelbaar. Dit het die fliekgangers die heeltyd laat wonder…..wat volgende. En ek was mal oor die trou gedeelte met hul “eie onthaal”. Dit het die lagspiere beslis geprikkel EN daar was ook hartseer. Ek gaan Vir Altyd beslis weer kyk!!!

thea ·

ek is baie bly as die afrikaanse flieks goed doen, maar o wee Donnalee Roberts kan agter die kameras werk, maar haar aktrise vermoe is baie swak, kon n beter aktrise kry om die rol te gespeel het, ek dink sy en Ivan wil te veel doen en alle krediete vir hulle vat. hulle skryf kennis is baie gecopy van reeds amerikaanse flieks net n bietjie ver Afrikaans.

stella ·

WOW!!! Ek kan mense soos hierbo mos nie hanteer nie. Kan julle regkry wat hierdie 2 JONG mense reg gekry het? NEE. Maar julle is goed om af te kraak en nonsens te praat. Ek vir een love die 2 akteurs en beslis hulle flieks ook. Julle comments maak my naar. Wees eerder bietjie trots dat ons sulke flieks kan uitbring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.