Vir daai man in jou lewe: Rof en grof maar nie onbeskof

Hy is wilder as die wildtuin, growwer as skuurpapier. Hy kan ʼn mamba mak maak en sy vellies is gemaak van die leer van ʼn krokodil wat hy sommer met die hand gevang het. Hy skeer sy welige baard met ʼn beitel uit sy houtwerkkas. Leeus en luiperds sidder in sy geselskap.

Hy verdien ʼn bietjie bederf.

In Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, kan jy alles kry wat hom weer sal laat man voel. Dis mos nou baie beter as nóg ʼn stel sokkies of ʼn blikkie deodorant.

Baardolie en boerseep

Hierdie baardolie en boerseep, seep met skop, is vir elke man wat ‘n slag kan slaan en ‘n bars kan kyk. ‘n Man wie se hande vir niks verkeerd staan nie en wie se hart net so groot is soos sy liefde vir sy grond. Dis die ideale geskenk vir ‘n verjaarsdag, Vadersdag of Kersfees. Baardolie en boerseep loop mos hand-aan-hand en word dus saam verkoop. Koop nou.

Beursie

Lyk en voel soos ʼn splinternuwe sikspens met dié pragtige leerbeursie. Dis boonop die ideale geskenk vir die persoon wat al alles het! Daar is plek vir minstens ses kaarte (met ses bykomende gleufsakkies). Daar is ook ʼn toeknip-kleingeldsakkie en twee vakkies vir papiergeld. Koop nou.

Skuurpapier T-hemp

Van skuurpapier tot grotman: dié baardmeter is die ideale geskenk vir ouens wat mans genoeg is om dit te dra. Koop nou.

Boeksak

Lyk soos ʼn ervare proffie met hierdie egte leer-boeksak wat kan diens doen as boekesak vir ʼn student, ʼn rekenaarsak of ʼn handsak. Die sak is uitgevoer met groen denim en het twee toeritssakkies aan die binnekant, en nog ʼn twee sakkies aan die voorkant en twee aan die kante. Dit het ʼn skouerband en handvatsel vir lekker dra, en tradisionele gespes en stikwerk wat enige saalsak kitsch sal laat lyk. Kyk, dié sak sal mense beïndruk, want hoe langer jy hom gebruik, hoe mooier word die leer, en hoe slimmer lyk jy. Koop nou.

Sweep

Lus om die kuns van sweepklap te laat herleef? Hierdie 8-riem, volvleg-sweep van beesleer is perfek daarvoor! Die leer word per hand uitgekies en met die hand gevleg om te verseker dat dit topgehalte is. Koop nou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.