Vodacom se goeie nuus vir Gautrain-gebruikers

Gautrain

Gautrain

Vodacom het Dinsdag bekend gemaak dat hy sy hoëspoed-LTE-netwerk (sogenaamde 4G) op meeste Gautrain-roetes kan bedien, en dit sluit 4G+ in die ondergrondse tonnels in – ʼn eerste in Suid-Afrika.

Dit beteken dat 4G en 4G+-dekking nou dadelik beskikbaar is op die roetes in Rosebank, Sandton, Marlboro en Midrand met spoed vinniger as 100Mb/s in die ondergrondse omgewing.

Andries Delport, hoof tegnologiese beampte van Vodacom, het verduidelik dit beteken gebruikers kan steeds oproepe maak, e-posse lees, boodskappe stuur en die internet gebruik wanneer hulle in die Gautrain reis.

Delport het gesê die volgende fase van die projek is om dekking te verbeter op die roete tussen Marlboro en OR Tambo Internasionale Lughawe, en tussen Marlboro en Pretoria om ʼn ononderbroke ervaring vir alle Gautrain-gebruikers te verseker.

Volgens hom het Vodacom die afgelope twee jaar minstens R17 miljard spandeer om dié dekking aan sy klante te bied.

Vodacom het vroeër vanjaar sy 4G+-diens beskikbaar gemaak by Gautrain-stasies in Sandton, Rosebank en Parkstasie, bykomend tot die 2G, 3G en 4G-dekking wat in 2015 by dié stasies ontplooi is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jusnette ·

Fantastiese nuus! Ek kom dit nou al vir ‘n rukkie agter en vandat ek na my nuwe geupgrade het, het ek verseker die benefit!

Dankie Vodacom, met al die challenges, is ek nogsteeds ‘n gelukkige gebruiker!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.