Voel soos ʼn bekende dié Kersfees

Daar is min dinge wat soveel waarde het soos ʼn produk van egte leer. Dis kosbaar, dis iets wat met tyd selfs nog meer waardevol word en iets wat jy altyd aan jou sy kan hê.

Nou kan jy ook spog met ʼn produk van egte leer en soos ʼn wafferse glanspersoonlikheid in die strate rondloop! Hierdie produkte van egte leer in Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, is net so ideaal vir daai geliefde wat jy graag wil bederf.

Die produkte is geskik vir mans of vroue en hoe meer jy dit gebruik, hoe mooier word die leer.

Sanet se egte leersak

Sanet se egte leersak

Sy het teatergehore en fliekgangers gaande. Sy kan enige karakter laat lééf en haar persoonlikheid is aansteeklik. Haar talent is ongekend en haar liefde vir Afrikaans maak van haar ʼn skat vir ons moedertaal.

Met hierdie egte leer-boeksak sal jy ook lyk soos ʼn wafferse glanspersoonlikheid.

Die sak is uitgevoer met groen denim en het twee toeritssakkies aan die binnekant, twee sakkies aan die voorkant en twee aan die kante. Dit het ʼn skouerband en handvatsel vir lekker dra, en tradisionele gespes en goeie stikwerk.

Kyk, dié sak sal mense beïndruk, want hoe langer jy hom gebruik, hoe mooier word die leer.

Koop Sanet se egte leersak nou in Die Koöperasie vir slegs R1 230-00 (posgeld uitgesluit)

Prof. Hennie se egte leer-boektas

Prof. Hennie se egte leer-boektas

Hy is ʼn bekroonde skrywer en sy onbaatsugtige liefde vir Afrikaans sal verseker dat ons moedertaal sal bly gedy. Sy boekrak kreun onder al die kennis en sy woordeskat strek van die vlaktes van die Noord-Kaap tot die ruigtes van Natal.

Neem ʼn stukkie van dié kreatiwiteit saam met jou huis toe met hierdie rekenaartas van egte leer. Dit kan gebruik word as ʼn boekesak vir ʼn student, ʼn rekenaarsak of selfs ʼn handsak.

Die sak is uitgevoer met groen denim en het twee toeritssakkies aan die binnekant, met een sakkie aan die voorkant. Dit het ʼn skouerband en handvatsel vir lekker dra, met gespes en goeie stikwerk.

Kyk, dié sak sal mense beïndruk, want hoe langer jy hom gebruik, hoe mooier word die leer, en hoe slimmer lyk jy.

Koop Prof Hennie se egte leer-boektas nou in Die Koöperasie vir slegs R1 230-00 (posgeld uitgesluit)

Tannie Marietjie se handsak van egte leer

Tannie Marietjie se handsak van egte leer

Sy kan hoër sing as ʼn klavier en het al meer staande gehore gehad as ʼn laerskoolkoor in Pretoria-Oos. Sy is so deel van Afrikaanse kultuur soos pannekoek en melkkos.

Dié egte leer-handsak is so goed soos ʼn paar note musiek wat jy saam met jou huis toe vat vir inspirasie.

Hierdie elegante handsak is ideaal vir elke dag se gebruik, met genoeg sakkies en bêreplek vir alles wat jy by jou wil dra.

Koop Tannie Marietjie se handsak van egte leer nou in Die Koöperasie vir slegs R580-00 (posgeld uitgesluit)

Prof. Hennie se egte leer-boektas en beursie

Prof Hennie se egte leer-boektas met beursie

As jy iemand bederf het met Prof Hennie se egte leer-boektas of Sanet se egte leersak, dan kan jy gerus ook sommer ‘n beursie in die pakkie gooi.

Lyk en voel soos ʼn splinternuwe sikspens met dié pragtige leerbeursie. Dis boonop die ideale geskenk vir die persoon wat al alles het! Daar is plek vir minstens ses kaarte (met ses bykomende gleufsakkies). Daar is ook ʼn toeknip-kleingeldsakkie en twee vakkies vir papiergeld.

Koop die beursie nou in Die Koöperasie vir slegs R250-00 (posgeld uitgesluit)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.