Voortrekkermonument skenk kos aan dieretuin

Die Voortrekkermonument sal die eetbare bosse en gras aan die dieretuin in Pretoria skenk soos wat daar instandhouding op die monument se terrein gedoen word. (Foto: Verskaf)

Die Voortrekkermonument het besluit om hande te vat met die Nasionale Dieretuin in Pretoria om kos vir die dieretuin te skenk vir geïdentifiseerde wild, soos die kameelperde.

Die monument is tans besig om onderhoud en instandhoudingswerk op sy terrein van 341 hektaar te doen en sal die plant- en boomweiding aan die dieretuin skenk.

Suid-Afrika is een van die 30 waterskaars lande in die wêreld en in die winter met lae reënval in die noordelike deel van ons land, is dit soms moeilik om genoegsame weiding te kry en diere moet aanhou eet.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, sê hulle is ’n organisasie wat erfenis bewaar.

“Ons is verplig om na ons erfenis om te sien; nie net ons kulturele erfenis nie, maar ook ons ​​natuurerfenis.

“Ons sal altyd help waar ons kan, en watter beter geleentheid as om diere te help. Ons moet baie instandhouding doen aangesien ons natuurreservaat so groot is. Ons skenk dus graag wat ons kan,” sê Langner.

Wicus Herbst, landskaptegnoloog wat vir die boomsloping betaal het by die monument, sê ʼn mens moet die tuin by die monument bestuur.

“Ons moes uitdun en bome verwyder. Dit is altyd nodig om instandhoudingswerk te doen veral vir toerisme, want dit moet visueel goed lyk en daar moet ’n balans gehandhaaf word deur die tuin ook te bestuur,” sê Herbst.

Die dieretuin het hulle dank uitgespreek teenoor die monument vir die hulp en reeds van die weiding vir die diere begin voer.

Die dieretuin sal die diere se weiding by die monument oplaai soos wat onderhoud gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Jasper

Hoe beskerm jy ‘n erfenis in ‘n land waar jy geen sê het nie,waar jou “leiers” gekies word om faksies in hulle organisasies gelukkig te hou en kwalifikasies nie ‘n vereiste is nie ,hierdie is ‘n goeie inisiatief maar ongelukkig n kort termyn oplossing.